hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 49 Afrikaans 1983 (AFR83)

Oor die Ammoniete

1. Oor die Ammoniete. So sê die Here:Het Israel dan nie seuns nie,het hy niemand wat sy vyand verdryf nie?Waarom het Milkom die gebied van Gad in besit geneemen woon sý mense in Gad se stede?

2. Daar kom 'n tyd, sê die Here,dat Ek oorlog aankondig teen Rabba, die Ammonietestad.Hy sal 'n verlate ruïneheuwel worden sy buitedorpe sal afgebrand word.Dan sal Israel dié verdryf wat hom verdryf het,sê die Here.

3. Huil, Gesbon, jy is verwoes, 'n puinhoop,roep om hulp, vroue van Rabba,trek rouklere aan en treur,hardloop heen en weer tussen die landmure,want Milkom word in ballingskap weggevoersaam met sy priesters en sy amptenare.

4. Wat beroem jy jou op valleie, weerspannige volk,op jou waterryke vallei?Jy vertrou op jou rykdom en jy sê:“Wie sal my bykom?”

5. Ek bring angs oor jou vir almal rondom jou,sê die Here God, die Almagtige.Julle sal uitmekaargejaag word,en niemand sal die vlugtelinge bymekaarmaak nie.

6. Maar Ek sal tóg later die lot van die Ammoniete verander,sê die Here.

Oor Edom

7. Oor Edom. So sê die Here die Almagtige:Is daar geen wysheid meer in Teman nie?Het die manne met insig nie meer raad nie?Het hulle wysheid verdwyn?

8. Draai om, vlug! Kruip diep weg, inwoners van Dedan!Ek bring 'n ramp oor Esau, die tyd vir sy straf is daar.

9. As ander jou wingerd kom afoes,sal hulle niks vir jou laat oorbly nie.As daar diewe in die nag kom,steel hulle tot hulle genoeg het.

10. Ek het Esau kaalgestroop,Ek het sy skuilplekke oopgemaak,sodat niemand daar kan wegkruip nie.Sy nageslag is uitgeroei, en ook sy broers en sy bure;daar is niemand oor nie.

11. Laat maar jou weeskinders agter, Ek sal hulle in die lewe hou; en laat jou weduwees op My vertrou.

12. Ja, so sê die Here: As selfs dié wat dit nie verdien nie, die oordeelsbeker moet drink, kan jý ongestraf bly? Jy sal nie ongestraf bly nie; drink sal jy die beker drink.

13. Ek lê 'n eed af by Myself, sê die Here, dat Bosra 'n verlate plek sal word, 'n spot, 'n uitgedorde stuk grond, 'n voorbeeld wat in verwensings aangehaal word, en dat al sy buitedorpe vir altyd in puin sal lê.

14. Ek het 'n boodskap ontvang, en dit kom van die Here af. Daar is 'n boodskapper onder die nasies rondgestuur om te sê:Kom bymekaar, trek teen Edom op,maak oorlog teen hom!

15. Edom, Ek maak jou 'n klein volkie onder die volke,een wat nie deur mense gereken word nie.

16. Die vrees wat ander vir jou heten jou vermetelheid het jou mislei.Jy woon teen die kranse,jy klou vas aan die hoë bergtoppe,maar al bou jy jou nesdaar in die hoogte soos 'n aasvoël,Ek sal jou daar afhaal, sê die Here.

17. Edom sal 'n verlate plek word;elkeen wat daar verbykom, sal sy asem intreken van verbasing fluit oor die slag wat vir Edom getref het.

18. Soos Sodom en Gomorra en die buurdorpe verwoes is,sê die Here, so sal niemand in Edom woon nie;geen mens sal daar wil bly nie.

19. Soos 'n leeu uit die digte Jordaanbos toeslaanop 'n weiveld aan 'n standhoudende stroom,so sal Ek vir Edom eensklaps verjaag uit sy land,en Ek sal vir dié taak aanwys wie Ek verkies.Wie is soos Ek, wie kan My tot verantwoording roep?Wie is die regeerder wat teen My kan standhou?

20. Hoor wat die Here besluit het,wat sy beslissing oor Edom is,wat Hy Hom voorgeneem hetoor die inwoners van Teman:hulle sal weggesleep word deur hulle eie jongmanne,Edom se woonplek sal deur hulle eie toedoen verwoes word.

21. Die aarde sal skud van die dreun van Edom se val,die geroep om hulp sal gehoor word tot by die Rietsee.

22. Die vyand sal soos 'n aasvoël opvliegen afsak en oor Bosra sweef,en daardie dag sal Edom se soldate so bang weessoos vrouens wat vasgekeer is.

Oor Damaskus

23. Oor Damaskus.Hamat en Arpad is verslae,hulle het slegte nuus gehoor,hulle is onrustig, soos 'n onstuimige see,hulle kan nie tot rus kom nie.

24. Damaskus is magteloos,hy draai om om te vlug,hy is vreesbevange,angs en pyn soos dié van 'n vrouwat 'n kind in die wêreld bring,het hom beetgepak.

25. Hoe word so 'n beroemde stad dan nie gespaar nie,so 'n vrolike stad?

26. Sy jongmanne sal op sy strate sneuwel,al sy soldate sal omgebring wordwanneer die tyd daar is, sê die Here die Almagtige.

27. Ek steek die stad Damaskus aan die brand,die vuur sal die paleise van Ben-Hadad verteer.

Oor Kedar en Gasor

28. Oor Kedar en oor die koninkryke van Gasor wat deur koning Nebukadnesar van Babel aangeval is. So sê die Here:Kom, val vir Kedar aan,verdryf dié mense wat in die ooste woon!

29. Hulle tente en hulle kleinvee sal gevat word,hulle tentdoeke, hulle gereedskap,hulle kamele sal geroof word,en mense sal vir hulle skreeu: “Gevaar! Gevaar!”

30. Vlug! Hardloop!Kruip diep weg, inwoners van Gasor!sê die Here;koning Nebukadnesar van Babel het 'n plan met julle,hy het 'n besluit oor julle geneem.

31. Gaan val dié nasie aan wat so sonder sorge isen so rustig woon, het die Here gesê.Sy stede het nie poorte en sluitbalke nieen hy woon eenkant alleen.

32. Hulle kamele sal buitgemaak word,hulle groot troppe vee sal geroof word.Ek sal hulle oor al die windstreke verstrooi,dié mense wat die kante van hulle koppe kaal skeer,Ek sal hulle van alle kante af deur rampe laat tref,sê die Here.

33. Gasor sal 'n blyplek vir jakkalse word,vir altyd verlate.Daar sal niemand meer woon nie,geen mens sal daar wil bly nie.

Oor Elam

34. Die woord van die Here wat tot die profeet Jeremia gekom het oor Elam. Dit was aan die begin van die regeringstyd van koning Sedekia van Juda.

35. So sê die Here die Almagtige:Ek gaan Elam se pyl en boog breek,Ek gaan die keur van sy leërmag vernietig.

36. Ek laat die vier winde losbreek teen Elam,die winde uit die vier hoeke van die hemelruim,Ek verjaag hulle al die windrigtings in;daar sal nie 'n nasie wees nieof van Elam se vlugtelinge sal daar beland.

37. Ek laat Elam se mense paniekbevange raak voor hulle vyande,voor dié wat hulle lewe soek;Ek laat 'n ramp teen hulle losbreek,my gloeiende toorn, sê die Here,Ek stuur die swaard agter hulle aantotdat Ek hulle heeltemal uitgeroei het.

38. Ek sal my regterstoel in Elam neersiten koning en amptenare laat ombring,sê die Here.

39. Maar wanneer die tyd daar is,sal Ek die lot van Elam verander,sê die Here.