hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. As jy jou wil bekeer, Israel,moet jy jou tot My bekeer, sê die Here.As jy jou afskuwelike afgode voor My wegvat,moet jy nie meer dwaal nie.

2. Wanneer jy 'n eed aflê en sê: “So seker as die Here leef,”moet dit in waarheid wees,moet jy reg laat geskied en reg doen.Dan sal die nasies hulle seën van die Here verwagen in Hom roem.

3. So sê die Here vir die mense van Juda en Jerusalem:Ploeg vir julle 'n braaklanden moenie in die dorings saai nie.

4. Wy julle aan die diens van die Here,en verwyder alle ontrou uit julle harte,mense van Juda, inwoners van Jerusalem,sodat my toorn oor julle bose dade nie losbreek soos 'n vuuren bly brand sonder dat dit geblus word nie.

'n Ramp kom uit die noorde

5. Vertel dit in Juda, maak dit in Jerusalem bekend en sê:“Blaas die ramshoring in die land!”Roep hard en sê:“Kom bymekaar, laat ons in die vestingstede ingaan!”

6. Swaai die vaandel: Na Sion toe!Soek veiligheid, moenie talm nie!Ek, die Here, laat onheil uit die noorde kom, 'n groot ramp.

7. Die leeu het opgestaan uit sy lêplek,die vernietiger van die nasies is op pad,hy het uit sy blyplek uitgegaan om jou land te verwoes.Jou stede sal in puin lê, sonder inwoners.

8. Daarom, trek rouklere aan, huil en kerm,want die toorn van die Here rus nog op ons.

9. Daardie dag, sê die Here,sal die koning en die amptenare se moed hulle begewe,die priesters sal verslae staanen die profete sal nie weet waarheen nie.

10. Toe sê ek: “Ag, Here my God!U het hierdie volk en Jerusalem bedrieg.U het gesê: ‘Julle sal vrede hê,’maar nou lê die swaard teen ons kele.”

11. Daardie tyd sal daar vir hierdie volk en vir Jerusalem gesê word:'n Gloeiende wind kom oor die heuweltoppeuit die woestyn uit op my volk af,maar nie om die kaf weg te waai en die koring skoon te waai nie.

12. Ek bring die wind in sy volle krag oor hulle,Ek gaan nou die oordeel oor hulle uitspreek.

13. Kyk, die vyand kom so skielik soos wolke,sy strydwaens kom soos 'n stormwind,sy perde is vinniger as arende.Ellende wag vir ons, dit is klaar met ons!

14. Jerusalem, reinig jou hart van die kwaad,dat jy behoue kan bly.Hoe lank sal jy nog bose planne in jou omdra?

15. Daar kom 'n boodskap uit Dan,daar kom slegte nuus van die Efraimsberge af.

16. Vertel dit aan die nasies, maak dit aan Jerusalem bekend:Daar kom wagte uit 'n ver land,hulle beveel hulle manskappe om die stede van Juda aan te val.

17. Soos mense wat graanlande oppas, staan hulle rondom Jerusalem,want hy het teen My gerebelleer, sê die Here.

18. Jou eie optrede,jou eie dade het hierdie dinge oor jou gebring,dis jou eie boosheid wat dit so bitter maak,wat jou in jou hart tref.

19. O die krampe in my ingewande, o die benoudheid in my hart!My hart bons wild, ek kan dit nie tot bedaring bring nie,want ek het die geluid van die ramshoring gehoor,en die oorlogskrete!

20. Die val van die een stad na die ander word uitgeskreeu,die hele land is verwoes.Met een slag is my wonings vernietig,in een oomblik my woonplekke.

21. Hoe lank sal ek nog die vyande se vaandel sien,die geluid van die ramshoring hoor?

22. My volk tree dwaas op, hulle erken My nie,hulle is moedswillige kinders, sonder enige begrip van wat Ek doen.Hulle is net slim as dit kom by verkeerddoen,van goeddoen wil hulle niks weet nie.

23. Ek het na die land gekyk, en dit was onbewoonbaar,na die hemel, en die lig was daaruit weg;

24. ek het na die berge gekyk, en hulle het gebewe,na al die heuwels, en hulle het geskud.

25. Ek het gekyk, en daar was geen mens nie,selfs die voëls het weggevlieg.

26. Ek het gekyk, en die vrugbare grond het in woestyn verander,al die stede het in puin gelê.Dit is die Here wat dit in sy gloeiende toorn gedoen het!

27. Ja, so sê die Here:Die hele land sal verwoes wees,maar Ek sal dit nie totaal vernietig nie.

28. Daaroor moet die aarde treuren die hemel daarbo donker word,want Ek het my voorneme bekend gemaak,Ek staan by my besluit, Ek sal nie van plan verander nie.

29. Voor die geluid van ruiters en boogskutters uitslaan elke stad op die vlug;hulle hardloop die bosse in, hulle klim tussen die rotse in.Elke stad lê verlate, sonder 'n enkele inwoner.

30. Maar jy, verlatene, wat maak jy nou?Wat klee jy jou met bloedrooi klere;wat versier jy jou met goue versiersels,waarvoor smeer jy oogverf aan!Jy maak jou verniet mooi!Jou minnaars het jou verwerp, hulle soek jou lewe.

31. Ek hoor 'n geskreeu soos van iemand wat in kraam is,'n benoude kreet soos van 'n vrouwat haar eerste kind in die wêreld bring.Ek hoor vir Sion wat na haar asem hyg,wat haar hande smekend uitsteek en sê:“Ellende wag vir my! Ek is weerloos teen my moordenaars!”