hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 14 Afrikaans 1983 (AFR83)

Droogte, oorlog, hongersnood en pes

1. Die woord van die Here het tot Jeremia gekom oor die groot droogte:

2. Juda verdor, sy stede versmag, sy mense sit in rouklere op die grond, die hulpgeroep van Jerusalem weerklink.

3. Die vername mense stuur hulle slawe om water te gaan haal. Dié kom by die putte, maar kry geen water nie; hulle bring hulle kruike leeg terug. Hulle is verslae en verleë, hulle koppe hang.

4. In die hele land het daar geen reën geval nie. Omdat die grond niks oplewer nie, is die boere moedeloos, hulle koppe hang.

5. Die takbok lam in die veld en gooi haar lam weg omdat daar nie gras is nie.

6. Wildedonkies staan op die kaal heuwels en snuif die wind net soos jakkalse; hulle oë raak dof, want daar is nie meer gras nie.

7. As ons sondes teen ons getuig, Here,tree tog op ter wille van u Naam.Ons het so baie keer van U af weggedraai,ons het teen U gesondig.

8. Hoop van Israel, Redder in tyd van nood,waarom sou U wees soos 'n vreemdeling in die land,soos 'n reisiger wat net 'n nag oorbly?

9. Waarom sou U wees soos 'n man wat verskrik staan,soos 'n soldaat wat nie in staat is om te help nie?U is by ons, Here, ons behoort aan U, moet ons nie verlaat nie!

10. So sê die Here vir hierdie volk: Hulle is lief om van My af weg te dwaal, hulle het hulle nie daarvan weerhou nie. Daarom is Ek, die Here, hulle nie meer goedgesind nie. Ek sal hulle nou hulle sonde toereken en rekenskap van hulle eis vir hulle oortredings.

11. Die Here het vir my gesê: Moenie by My vir hierdie volk voorspraak doen nie.

12. Wanneer hulle vas, sal Ek nie na hulle gesmeek luister nie; as hulle brandoffers en graanoffers bring, maak dit die volk nie vir My aanvaarbaar nie, want Ek sal met oorlog, met hongersnood en met pes 'n einde aan hulle maak.

13. Maar ek het gesê: Ag, Here my God, die profete sê dan vir hulle hulle sal geen oorlog of hongersnood beleef nie en dat U sê: Ek sal vir julle blywende voorspoed gee in hierdie land.

14. Die Here het vir my gesê: Die profete gee voor dat hulle in my Naam optree, maar Ek het hulle nie gestuur of beveel nie, Ek het nie eens met hulle gepraat nie. Dit is gesigte wat nie bestaan nie, nuttelose waarsêery, dit is bedrog wat hulle versin wat hulle vir julle aanbied as woorde van profete.

15. Daarom sê Ek oor die profete wat in my Naam optree sonder dat Ek hulle gestuur het, wat beweer daar sal nie oorlog of hongersnood in hierdie land kom nie: Daardie profete sal deur oorlog en hongersnood aan hulle einde kom.

16. Die volk vir wie hulle as profete opgetree het, sal in die strate van Jerusalem weggegooi lê, slagoffers van hongersnood en oorlog. Niemand sal hulle, hulle vrouens, hulle seuns of hulle dogters begrawe nie. Ek sal die kwaad wat hulle gedoen het, op hulle eie koppe laat afkom.

17. Sê vir hulle dit:Dag en nag, sonder ophou, vloei die trane uit my oë;my volk ly aan sy wonde, hy is swaar getref.

18. Wanneer ek uitgaan na die veld toe,lê die lyke daar van dié wat met die swaard doodgemaak is;wanneer ek in die stad kom,lê daar die slagoffers van die hongersnood.Profeet en priester trek in die land rondsonder dat hulle weet wat om te sê.

19. Het U Juda dan heeltemal verwerp?Walg U vir Sion?Waarom het U ons getref sonder dat iemand ons genees?Waarom wag ons dat alles regkom, maar dit gaan nie goed nie,wag ons op 'n tyd van verbetering,maar daar is net rede tot skrik?

20. Ons erken dat ons opstandig was, Here,ons het teen U gesondig.Ons bely ook die skuld van ons voorvaders.

21. Ter wille van u Naam, Here, moet ons tog nie verwerp nie.Moenie dat die plek waar u magtige teenwoordigheid regeer,verag word nie.Dink aan u verbond met ons, moet dit tog nie prysgee nie!