hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 16 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ek het geen medelye meer met julle nie

1. Die woord van die Here het tot my gekom:

2. Moenie trou en kinders hê in dié plek nie,

3. want so sê die Here oor die kinders wat in dié plek gebore word en oor die ouers wat in dié land kinders kry:

4. Hulle sal sterf aan verskriklike siektes; niemand sal oor hulle treur en hulle begrawe nie; hulle sal op die grond bly lê soos hope mis; of hulle sal omkom in oorlog of deur hongersnood, en hulle lyke sal deur voëls en roofdiere opgevreet word.

5. Die Here het gesê: Jy moenie in 'n huis ingaan waar daar getreur word oor iemand wat dood is nie, jy moenie saam treur nie en moenie meegevoel betuig nie, want Ek het my vrede weggevat van dié volk af: Ek het hulle nie meer lief nie en Ek ontferm My nie meer oor hulle nie, sê die Here.

6. Groot en klein in dié land sal sterf; niemand sal hulle begrawe en oor hulle treur nie, niemand sal homself stukkend sny of sy kop kaalskeer om sy droefheid te wys nie;

7. niemand sal 'n stukkie brood deel met 'n bedroefde om hom te troos oor iemand wat dood is nie, niemand sal vir hom iets te drinke aanbied om hom te troos nie, nie eens oor 'n vader of moeder nie.

8. Jy mag ook nie in 'n huis ingaan waar daar feesgevier word en saam aansit en eet en drink nie,

9. want, so sê die Here die Almagtige, die God van Israel, Ek gaan voor julle oë, in julle leeftyd, 'n end maak aan die klanke van vrolikheid en blydskap in hierdie plek, ook aan dié van huweliksfeeste.

10. Wanneer jy dit alles vir hierdie volk sê, sal hulle vir jou vra: “Waarom sê die Here sal Hy al hierdie groot rampe oor ons bring? Hoe het ons teen die Here ons God oortree, wat het ons teen Hom gesondig?”

11. Dan moet jy vir hulle sê: Julle voorvaders het My al verlaat, sê die Here. Hulle het agter ander gode aangeloop en dié gedien en geëer. Julle voorvaders het My verlaat en my wet nie onderhou nie,

12. en julle het erger aangegaan as hulle, julle het elkeen sy eie harde kop gevolg en nie na My geluister nie.

13. Daarom sal Ek julle uit hierdie land uitdryf na 'n land toe waarvan julle nie weet nie en waarvan julle voorvaders ook nie geweet het nie. Daar sal julle dag en nag ander gode dien. Ek het geen medelye meer met julle nie.

Ek sal hulle terugbring na die land toe

14. Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat daar nie meer gesê sal word: “So seker as die Here leef wat vir Israel uit Egipte laat trek het” nie,

15. maar: “So seker as die Here leef wat vir Israel uit die noordland laat trek het en uit al die lande waarheen Hy hulle verstrooi het.”Ek sal hulle terugbring na die land toe wat Ek aan hulle voorvaders gegee het.

Ek gaan hulle eers dubbel laat boet

16. Ek gaan baie vissers laat kom, sê die Here, en hulle sal die Israeliete vang. Daarna gaan Ek baie jagters laat kom, en dié sal op die Israeliete jag maak op elke berg en elke heuwel, in al die klipskeure.

17. Ek sien alles wat die Israeliete doen, niks is vir My verborge nie, hulle oortredings kan nie vir My weggesteek word nie.

18. Ek gaan hulle eers dubbel laat boet vir hulle oortredings en hulle sonde, want hulle het my land met hulle afstootlike dooie gode ontwy, hulle het my eie land volgemaak met hulle afskuwelike afgode.

Na U toe sal die nasies kom

19. Here, my Sterkte, my Beskermer,my Toevlug in tyd van nood,na U toe sal die nasies komvan die uithoeke van die aarde afen hulle sal sê:“Ons voorvaders het net vals gode gehad,nikswerd en nutteloos.”

20. Kan 'n mens vir hom gode maak?Dit is mos nie gode nie!

21. Daarom sal Ek die nasies my mag en my krag laat ken;dié keer sal Ek hulle dit laat ken,en hulle sal weet dat my Naam die Here is.