hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 5 Afrikaans 1983 (AFR83)

Israel en Juda het die Here geminag

1. Loop op en af in die strate van Jerusalem,kyk rond en let op;gaan soek op sy pleine of julle daar iemand kry wat reg doen,wat die waarheid soek.Dan sal Ek Jerusalem se sonde vergewe.

2. Selfs al lê hulle 'n eed af in die Naam van die Here,bly dit 'n vals eed.

3. En dit terwyl U waarheid eis, Here!U het hulle geslaan,maar hulle het hulle nie aan U gesteur nie;U het hulle hard geslaan,maar hulle het hulle nie laat leer nie,hulle koppe was harder as klip,hulle het geweier om hulle te bekeer.

4. Ek het eers gedink:dis maar die gewone mense wat so dwaas optree,want hulle ken nie die wil van die Here nie,hulle weet nie wat hulle God van hulle verwag nie;

5. ek sal na die leiers toe gaan en met hulle praat,want hulle ken die wil van die Here,hulle weet wat hulle God van hulle verwag.Maar ook hulle het almal in opstand gekom,die gesag van God verwerp.

6. Daarom sal leeus uit die bos hulle kom doodmaak,wolwe uit die woestyn hulle kom verskeur,en luiperds by hulle stede op die loer lêom elkeen wat uit die stad uitgaan, te vang.Hulle oortredings is baie, hulle het gedurig afgedwaal.

7. Waarom sou Ek jou vergewe?Jou inwoners het My verlaat, hulle sweer trou aan afgode.Ek het hulle trou laat sweer aan My,maar tog pleeg hulle egbreuk en drom hulle saam in bordele.

8. Soos bronstige hingste het hulle geword,hulle runnik elkeen agter sy naaste se vrou aan.

9. Sal Ek hulle dan nie hieroor straf nie? vra die Here.Sou Ek My nie wreek op 'n nasie soos hierdie nie?

10. Klim op sy terrasse en kap die wingerde uit,maar moenie alles vernietig nie;sny af die ranke, want hulle is nie die Here s'n nie.

11. Die mense van Israel en die mense van Judawas ontrou aan My, sê die Here.

12. Hulle het Hom geminag, hulle het gesê:“Hy sal dit nie doen nie, daar sal geen kwaad oor ons kom nieen ons sal nie oorlog of hongersnood beleef nie.

13. Wat die profete sê, is wind,dit is nie die woord van die Here nie.Mag wat hulle sê, oor hulleself kom!”

14. Die Here, die almagtige God, het vir my gesê:Omdat hulle dit gesê het,maak Ek my woorde in jou mond 'n vuur en hierdie volk hout,sodat die vuur hulle verteer.

15. Kyk, mense van Israel,Ek laat 'n nasie uit 'n ver land teen julle optrek, sê die Here,'n nasie wat lankal bestaan, van die ou tyd af,'n nasie wie se taal julle nie ken nie,wie se woorde julle nie verstaan nie.

16. Hulle is dodelike boogskutters, almal dapper vegters.

17. Hulle sal jou oeste en jou kos verteer,jou seuns en jou dogters om die lewe bring,jou kleinvee en jou beeste slagen jou wingerdstokke en jou vyebome vernietig,jou vestingstede waarop jy jou vertroue vestig,met die swaard inneem.

18. Maar ook in daardie dae, sê die Here, sal Ek nie 'n einde aan julle maak nie.

19. As hulle vra: “Waarom het die Here ons God al hierdie dinge aan ons gedoen?” moet jy hulle antwoord: Net soos julle My, die Here, verlaat het en vreemde gode in julle eie land gedien het, so sal julle in 'n land wat nie aan julle behoort nie, vreemdes dien.

20. Vertel dit aan die mense van Jakob, maak dit aan Juda bekend. Sê vir hulle:

21. Luister hierna, dwase volk wat nie verstaan nie,wat oë het maar nie sien nie, ore maar nie hoor nie.

22. Het julle nie ontsag vir My nie, vra die Here,is julle nie bang vir My nie,vir My wat die sand as grens vir die see gestel het,'n blywende grens wat dit nie kan oorsteek nie?Die see kan bruis, maar dit kan nie verder gaan nie,sy golwe kan dreun, maar hulle kom nie by die sand verby nie.

23. Maar hierdie volk is rebels en opstandig,hulle het in opstand gekom, My verlaat.

24. Hulle het nie vir hulleself gesê:“Ons moet die Here ons God dien wat ons die groot reëns gee,die vroeë en die laat reëns, elkeen op die regte tyd,wat vir ons gesorg het met oeste op die regte tyd” nie.

25. Julle oortredings het dit laat verander,julle sondes het die voorspoed van julle weerhou.

26. Daar is goddelose mense onder my volk:soos voëlvangers stel hulle strikke en wippeom mense mee te vang.

27. Soos 'n voëlvanger 'n hok vol voëls maak,het hulle hulle huise volgemaak met bedrog;dit is waarom hulle magtig en ryk is,

28. vet en blink.Hulle boosheid ken geen perke nie,hulle laat die reg nie seëvier nie,hulle verydel die reg van die weeskinden behartig nie die regsaak van die armes nie.

29. Sal Ek hulle nie hieroor straf nie? vra die Here.Sou Ek My nie wreek op 'n nasie soos hierdie nie?

30. Iets vreesliks en afskuweliks het in die land gebeur:

31. die profete tree vals op,die priesters regeer met hulle eie gesag,en my volk hou daarvan!Maar wat sal julle doen as die einde kom?