hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 19 Afrikaans 1983 (AFR83)

Soos hierdie kleipot gebreek het

1. Die Here het gesê: Gaan koop 'n kleipot en vat van die leiers van die volk en die priesters saam

2. en gaan af na die Ben-Hinnomdal toe regoor die Potskerfpoort en kondig daar aan wat Ek vir jou sal sê.

3. Jy moet sê: Hoor die woord van die Here, konings van Juda en inwoners van Jerusalem! So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Ek gaan oor hierdie plek 'n ramp bring wat elkeen wat daarvan hoor, se ore sal laat tuit.

4. Julle het My verlaat en hierdie plek verontreinig deur hier vir ander gode offers te bring, gode waarvan julle, julle voorvaders en die konings van Juda nie voorheen geweet het nie. Julle het op dié plek baie onskuldige bloed vergiet,

5. julle het vir Baäl hoogtes gebou en julle seuns as brandoffers vir Baäl verbrand, 'n ding wat Ek nie beveel het nie en nie oor gepraat het nie en wat nooit by My opgekom het nie.

6. Daarom kom daar 'n tyd, sê die Here, dat dié plek nie meer Tofet of Ben-Hinnomdal genoem sal word nie, maar Moorddal.

7. Op hierdie plek sal Ek 'n end maak aan die planne van Juda en Jerusalem. Ek sal hulle vyande hulle met die swaard laat afmaai, hulle oorlewer in die mag van mense deur wie hulle nie gespaar sal word nie, en Ek sal hulle lyke deur voëls en roofdiere laat opvreet.

8. En hierdie stad maak Ek iets waaroor mense net met afgryse vervul kan word en kan fluit. Elkeen wat hier verbykom, sal van verbasing fluit oor alles wat die stad getref het.

9. Jerusalem sal beleër word deur vyande wat nie sy inwoners sal spaar nie. Hulle posisie sal benard word: Ek sal hulle hulle eie kinders laat eet, en die mense sal mekaar eet.

10. Jy moet dan die pot breek voor die oë van die mense wat met jou saam is,

11. en jy moet vir hulle sê: So sê die Here die Almagtige: Soos hierdie kleipot gebreek het en nie heelgemaak kan word nie, so sal Ek hierdie volk en hierdie stad breek. Hulle sal van Tofet 'n begraafplaas maak omdat daar nie ander plek sal wees nie.

12. Dit is wat Ek aan dié plek en sy inwoners sal doen, sê die Here: Ek sal die stad soos Tofet maak.

13. Die huise in Jerusalem en die paleise van die konings van Juda sal soos die Tofetplek onrein wees, al die huise waar daar op die dakke wierookoffers gebring is vir die son, die maan en die sterre, en waar daar drankoffers uitgegiet is vir vreemde gode.

Teen Pasgur

14. Nadat Jeremia teruggekom het van Tofet af waar die Here hom as profeet laat optree het, het hy in die voorhof van die huis van die Here gaan staan en vir al die mense daar gesê:

15. So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Ek gaan nou oor dié stad en oor al die ander stede al die onheil laat kom wat Ek laat aankondig het, want die mense het koppig gebly en wou nie ag gee op wat Ek vir hulle gesê het nie.