hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 21 Afrikaans 1983 (AFR83)

Wil julle lewe of wil julle sterwe?

1. Die woord van die Here het tot Jeremia gekom toe koning Sedekia vir Pasgur seun van Malkija en die priester Sefanja seun van Maäseja na Jeremia toe gestuur het met die versoek:

2. “Raadpleeg asseblief die Here namens ons, want koning Nebukadnesar van Babel val ons aan. Miskien doen die Here ook vir ons 'n wonder en laat Hy Nebukadnesar van ons af wegtrek.”

3. Jeremia het vir hulle gesê: Julle moet vir Sedekia sê:

4. So sê die Here die God van Israel: Ek gaan die wapens laat terugdraai wat daar nou in julle hande is en waarmee julle buitekant die mure teen die koning van Babel en teen die Galdeërs veg. Ek gaan dié wapens hier binne in die stad bymekaarbring

5. en dan gaan Ek self teen julle veg met my groot mag en krag, in groot toorn, gramskap en woede.

6. Ek gaan al wat in hierdie stad is, tref, mens en dier. Hulle sal aan die pes sterwe,

7. en daarna, sê die Here, sal Ek koning Sedekia van Juda, sy amptenare en die mense in die stad wat pes, swaard en hongersnood vrygespring het, oorlewer in die mag van koning Nebukadnesar van Babel, in die mag van hulle vyande, in die mag van dié wat hulle lewe soek. Die vyand sal die inwoners van Jerusalem afmaai sonder om te verskoon, sonder om jammer te kry, sonder genade.

8. Daarna het die Here vir Jeremia gesê: Jy moet vir hierdie volk sê: So sê die Here: Ek gee julle die keuse: wil julle lewe of wil julle sterwe?

9. Wie in hierdie stad bly, sal sterf, deur die swaard of deur hongersnood of deur pes. Wie uitgaan en na die Galdeërs toe oorloop deur wie julle beleër word, sal lewe, al sal hy net met sy lewe daarvan afkom.

10. Ek het besluit om hierdie stad swaar te straf en hom nie te spaar nie, sê die Here. Die stad word oorgegee in die mag van die koning van Babel, en hy sal dit afbrand.

11. Vir die koningshuis van Juda moet jy sê: Hoor die woord van die Here,

12. huis van Dawid! So sê die Here:Sorg dat daar elke dag reg geskied,red die mens wat beroof worduit die mag van die uitbuiter.As julle dit nie doen nie,sal my toorn ontvlam soos 'n vuuren brand sonder dat iemand dit kan blus.Dit sal gebeur oor die sonde wat julle gedoen het.

13. Ek is jou teenstander, Jerusalem, sê die Here,jy wat hier bokant die dal op die klipplaat lê,jy wie se inwoners sê niemand kan hulle aanval nie,niemand kan hulle skuilplekke binnedring nie.

14. Ek gaan hulle straf oor wat hulle gedoen het, sê die Here,Ek gaan in die paleis 'n vuur aansteek wat alles rondom sal verbrand.