1. Hoekom gaan die nasiesso tekere,en bedink die volkenuttelose planne?
2. Die konings van die aardehet saamgesweer;die heersers span saamteen die Hereen sy gesalfde.
3. Hulle sê: “Laat ons hulle kettingsstukkend breek,onsself bevry van hulle slawebande.”
4. Maar Hy wat vanuit die hemel heers,lag oor hulle.Die Here spot met hulle.
5. In sy toorn praat Hy met hulle,en in sy woede verskrik Hy hulle:
6. “Ek het hom op Sion,my heilige berg,as my koning aangestel.”
7. Ek wil vertel van die Here se besluit.Hy het vir my gesê:“Jy is my seun.Vandag het Ek jou Pa geword.
8. Vra My, en Ek gee vir jounasies as erfporsie,die einde van die aardeas jou besitting.
9. Met ’n ysterstafsal jy hulle stukkend slaan,soos ’n kleipot hulle verpletter.”
10. Wees nou verstandig, o konings!Wees gewaarsku,regeerders van die aarde!
11. Dien die Here met eerbieden juig oor Hom met bewing.
12. Onderwerp julle aan Godsodat Hy nie toornig worden jy op die pad omkom nie.Want sy toorn ontvlam gou,maar daar is vreugdevir almal wat by Hom skuil.