1. Uit die dieptes roep ek na U, Here,
2. luister tog na my stem, Here.Let tog goed op die smeking van my gebed.
3. Here, as U ons sondes sou opteken,wie, Here, sou ooit kon bestaan?
4. Maar by U is vergifnis;daarom word U gevrees.
5. Ek wag op die Here, ek wag, en hoop op sy woord.
6. Ek wag op die Here,meer as wagte wag op die môre,wag op die môre.
7. Israel, hoop op die Here,want by die Hereis troue liefde,by Hom is volkome redding.
8. Hy sal Israel bevryvan al hulle sondes.