2. Hoe lank sal U my bly vergeet, Here?Vir altyd?Hoe lank nog sal U anderpad kyk?
3. Hoe lank moet ek alleen planne maak,elke dag deurbringmet droefheid in my hart?Hoe lank sal my vyand die oorhand hê?
4. Kyk tog en antwoord my,Here my God!Verlig tog weer my oëdat ek nie die doodslaap ingaan nie,
5. anders sê my vyand:“Ek het hom oorwin!”en is my teenstander bly oor my ondergang.
6. Maar ek maak self staat op u troue liefde.Ek wil juig omdat U my gered het.Ek wil sing tot eer van die Hereomdat Hy vir my goed was.