2. God het Hom bekendgemaak in Juda;sy Naam is groot in Israel.
3. Hy woon in Salem;Sionsberg is sy woning.
4. Daar het Hy die brandpyle vernietig,skilde, swaarde en oorlogswapens. Sela
5. Die glans van u verskyningis heerliker as die hoogste berge.
6. Dapper soldate is geplunder,in hulle slaap oorweldig.Geen soldaat kon ’n hand oplig nie.
7. Toe U hulle bestraf, o God van Jakob,het ruiter en perd dood neergeval.
8. U moet gevrees word, ja, U!Wie kan voor U standhouwanneer u toorn ontbrand?
9. Uit die hemel het U uitspraak gelewer;die wêreld was bang en stil.
10. God het opgestaan om te oordeel,om die verdruktes op aardete red. Sela
11. Die woede van mense –dit verander U tot lof.Wat nog daarvan oorbly, gebruik U in u diens.
12. Maak geloftes aan die Here jou God,en voer dit uit.Laat almal rondom Hom geskenke bringaan Hom, die Ontsagwekkende.
13. Hy breek die moed van prinse;konings van die aarde is bang vir Hom.