2. Antwoord my wanneer ek roep,my regverdige God!U staan my by in my verknorsing.Wees my genadig en hoor my gebed.
3. O mensdom, hoe lank sal jullemy goeie naam beklad?Hoe lank sal jullevalse beskuldigings maak?Hoe lank sal julle leuens najaag? Sela
4. Hiervan kan julle seker wees:Die Here het besondere genade aan die getroues bewys.Die Here sal antwoordwanneer ek tot Hom roep.
5. Moenie sondig as jy ontsteld is nie.Oordink dit in die nag op jou beden wees rustig. Sela
6. Bring die voorgeskrewe offersen vertrou op die Here.
7. Baie mense sê:“Wie sal vir ons goeie dinge wys?”Laat u glimlag oor ons skyn, Here!
8. U het vir my meer vreugde verskafas dié met graan en wyn in oorvloed.
9. Ek sal in vrede gaan lê en slaap,want U alleen, o Here,laat my veilig woon.