2. Net ’n dwaas sê in sy hart:“Daar is geen God nie.”Hulle is bedorwe en hulle dade is boos.Niemand doen iets wat goed is nie!
3. God kyk neer vanuit die hemeloor die hele mensegeslagom te sien of daaréén is wat verstandig is,één is wat God dien.
4. Maar nee! Almal het weggedraai;almal het bedorwe geword.Niemand doen wat goed is nie,nie eens één nie!
5. Sal die boosdoeners nooit leer nie?Hulle verorber my volk soos brood.Hulle weier om God te dien.
6. Angs sal hulle daar beetpak,skrik soos nooit tevore nie.Die beendere van julle aanvallerssal God verstrooi.Julle sal hulle tot skande bring,want God het hulle verwerp.
7. Mag uit Sion redding kom vir Israel!Wanneer God sy volk herstel,sal Jakob jubel, sal Israel bly wees.