1. Die Here het vir my heer gesê:“Sit op die ereplekaan my regterkanttotdat Ek jou vyande verneder hettot ’n voetbankie onder jou voete.”
2. Uit Sion sal die Hereu heerskappy uitbrei;u sal heers oor u vyande.
3. U volk sal as vrywilligers diens doenop die dag van u magsbetoon.Op die heilige berg,wanneer die dag breek,kom u jong manne soos die dou.
4. Die Here het ’n eed afgelê en sal dit nie herroep nie:“Jy is priester vir altyd, volgens die orde van Melgisedek.”
5. Die Here staan aan u regterhand.Op die dag van sy toornsal Hy konings verpletter.
6. Hy sal die nasies oordeelen hulle dooies sal oral lê.Hy sal hulle leiers verpletteroor die hele aarde.
7. Maar Hy sal Hom verkwikuit die spruite langs die pad,want Hy sal seëvierend wees.