1. Here, wie mag dit waag omin u teenwoordigheid te kom?Wie mag woon op u heilige berg?
2. Hy wat onberispelik leween doen wat reg is,met ’n opregte hartdie waarheid praat;
3. wat nie sy medemens belaster,hom benadeel,of van hom kwaadpraat nie;
4. wat dié wat aanhou sondig, verfoei,húlle eer wat die Here dien,en beloftes gestand doenselfs tot sy nadeel;
5. wat nie geld op rente uitleen nie,en nie omkoopgeldteen onskuldiges aanvaar nie. ’n Mens wat so optree,sal vir altyd stewig staan.