1. Die aarde behoort aan die Here,met alles wat daarop is,die wêreld en alles wat daarop lewe.
2. Die fondamente van die aardehet Hy in die oseane gelê,en dit op die riviere gevestig.
3. Wie mag opklimteen die berg van die Here?Wie mag staan in sy heilige plek?
4. Net hulle wie se dade onskuldig,wie se denke sonder bybedoeling is;wat nie bedrog pleeg nieen nie ’n eed valslik aflê nie.
5. So ’n persoonsal die seën van die Here ontvangen God sy reddersal aan hom reg laat geskied.
6. Só lyk die mense wat Hom dienen die God van Jakob aanbid. Sela
7. Word hoër, o poorte!Word nog hoër, eeue oue deure,sodat die roemryke Koning kan ingaan.
8. Wie is die roemryke Koning?Die Here, sterk en magtig,die Here,onoorwinlik in die stryd.
9. Gaan oop, o poorte!Gaan oop, eeue oue deure,sodat die roemryke Koning kan ingaan.
10. Wie is die roemryke Koning?Die Here, die Almagtige,Hý is die roemryke Koning. Sela