hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Iyov het geantwoord en gesê:

2. “Waarlik, julle is die mense en wysheid sal saam met julle uitsterf,

3. maar ek het ook insig, net soos julle; ek is nie minderwaardig teenoor julle nie, maar aan wie is sulke dinge soos dié nie bekend nie?

4. Tog word hy wat hom op God beroep belaglik vir sy vriende en Hy wat tevrede is met die regverdige wat vlekkeloos is, antwoord hom

5. wat gereed is om afstand te doen van minagting en boosheid en die glyende voete te versterk.

6. Die tent van rowers sal verwyder word asook die selfvertroue van hulle wat God tart, want daar is geen God in hulle verstand, wil en emosie nie,

7. maar vra nou die diere en hulle sal jou leer; die voëls van die hemel en hulle sal jou vertel;

8. of praat met die aarde en dit sal jou leer en die visse van die see sal dit vir jou verklaar.

9. Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van יהוה hulle gemaak het nie?

10. Want in Sy hand is die lewe van elke lewende ding en die gees van die ganse mensdom.

11. Die oor hoor die woorde en die verhemelte proe kos.

12. By die oudstes is wysheid en in lengte van dae insig.

13. By Hóm is wysheid en mag; Hy het raad en insig.

14. Let op, as Hy afbreek, wie kan bou en as Hy iemand opsluit in die tronk, wie kan dit oopmaak?

15. As Hy die waters terughou, droog hulle op; as Hy hulle loslaat, verwoes hulle die land.

16. By Hóm is krag en wysheid; by Hom is mag en verlossing.

17. Hy lei konings wonderbaarlik en maak regters tot dwase.

18. Hy bring konings af om te bedel by die poorte en gordel hulle heupe vas met gordels van krag.

19. Hy lei priesters met respek en oorweldig die magtige.

20. Hy kanselleer die raad van betroubare raadgewers en neem die goeie oordeel van die oudstes weg.

21. Hy gooi veragting uit oor die prinse en verswak die krag van die magtiges.

22. Hy openbaar diep dinge uit die duisternis en bring die lig vanuit die skaduwee van die dood.

23. Hy laat die nasies foute maak en vernietig hulle; Hy slaan die nasies neer en verlaat hulle.

24. Hy neem die insig weg van die leiers van die mense op aarde en laat hulle dwaal in ’n wildernis waar geen pad is nie.

25. Hulle soek in die duisternis sonder lig en hulle tas rond in die duisternis sonder begrip en Hy laat hulle slinger soos ’n dronk man.