hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nou jy, seun van ’n mens, vat vir jou ’n baksteen, sit dit voor jou neer en teken die stad, Yerushalayim, daarop.

2. Beleër dit dan; bou ’n beleëringsmuur daarteen, gooi ’n wal daarteen, slaan kamp op en plaas stormramme daarteen, reg rondom.

3. Kry dan vir jou ’n yster plaat en sit dit op as ’n yster muur tussen jou en die stad en draai jou gesig daarheen dat dit beleër is en beleër dit. Hierdie is ’n teken vir die huis van Yisra’el.

4. Wat jou betref, gaan lê op jou linker sy en sit die oortredinge van die huis van Yisra’el daarop; volgens die getal dae dat jy daarop lê, sal jy hulle oortredinge dra,

5. want Ék het op jou die aantal dae gelê ooreenkomstig die jare van hulle oortredinge, drie honderd en negentig dae; so sal jy die oortredinge van die huis van Yisra’el dra.

6. Wanneer jy met hierdie klaar is, moet jy vir ’n tweede keer gaan lê, op jou regter sy en die oortredinge van die huis van Y’hudah dra; Ek het dit vir jou aangewys vir veertig dae; ’n dag vir elke jaar.

7. Dan moet jy jou gesig draai na die beleëring van Yerushalayim met jou arm kaal en jy moet daarteen profeteer.

8. Nou let op, Ek sal toue om jou sit sodat jy nie van die een kant na die ander kan draai nie totdat jy die dae van jou beleëring voltooi het.

9. Wat jou betref, vat koring, gars, boontjies, lensies, boermanna (katstertgras) en spelt en gooi dit in een houer en maak daarvan brood vir jouself; volgens die getal dae dat jy op jou sy lê, drie honderd en negentig dae, moet jy daarvan eet.

10. Jou kos wat jy elke dag moet eet, sal twintig sikkels in gewig wees; van tyd tot tyd moet jy dit eet.

11. Die water wat jy drink moet die sesde deel van ’n hin wees by mate; van tyd tot tyd moet jy dit drink.

12. Jy moet dit as garskoeke eet, gebak voor hulle oë op mens-uitskeiding.”Hos 9:3

13. Toe sê יהוה: “So sal die seuns van Yisra’el hulle brood onrein eet onder die nasies waarheen Ek hulle sal verban.”

14. Ek sê egter: “Ag, יהוה-God! Let op, ek is nog nooit onrein gemaak nie, want van my jeug af tot nou toe het ek nog nooit wat self dood is of wat verskeur is geëet nie en daar het ook geen onrein vleis ooit in my mond ingegaan nie.”

15. Toe sê Hy vir my: “Kyk, Ek het vir jou beesmis, in plaas van mens-uitskeiding gegee waarop jy jou brood moet voorberei.”

16. Hy het meer nog vir my gesê: “Seun van ’n mens, let op, Ek gaan die ondersteuning van die brood in Yerushalayim verbreek en hulle sal brood by die gewig en met angs eet en water by die maat en in afgryse drink,2 Kon 25:3

17. want brood en water sal skaars wees en hulle sal afstootlik wees vir mekaar en in hulle oortredinge wegkwyn.