hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:Deut 29:3,4; Yes 6:9; Deut 29:10; Mat 13:14,15; Yog 12:40; Rom 11:8 ore om te hoor, maar nie hoor en luister nie, want hulle is ’n rebelse huis;

2. “Seun van ’n mens, jy bly in die middel van die rebelse huis, wat oë het om te sien, maar nie sien nie;

3. daarom, seun van ’n mens, berei vir jou bagasie vir ballingskap voor en gaan in die dag in ballingskap voor hulle oë; gaan selfs in ballingskap vanaf jou plek na ’n ander voor hulle oë, miskien sal hulle verstaan, al is hulle ’n rebelse huis.

4. Bring jou bagasie oordag uit voor hulle oë as bagasie vir ballingskap. Dan moet jy in die aand uitgaan voor hulle oë soos hulle wat in ballingskap uitgaan.

5. Grawe ’n gat deur die muur voor hulle oë en gaan daardeur uit.

6. Laai die bagasie op jou skouer voor hulle oë en dra dit in die donker uit. Jy moet jou gesig bedek sodat jy nie die land kan sien nie, want Ek het jou as ’n teken gemaak vir die huis van Yisra’el.”

7. Ek het gedoen soos wat ek beveel is. Deur die dag het ek my bagasie uitgebring soos die bagasie van ’n balling. In die aand het ek met my hande ’n gat deur die muur gegrawe; ek het in die donker uitgegaan en die bagasie voor hulle oë op my skouers gedra.

8. In die oggend het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

9. “Seun van ’n mens, het die huis van Yisra’el, die rebelse huis, nie vir jou gesê: ‘Wat maak jy,’ nie?

10. Sê vir hulle: ‘So sê יהוה-God: “Hierdie las geld vir die prins in Yerushalayim en vir die hele huis van Yisra’el wat daarin is.’”

11. Sê: ‘Ek is ’n teken vir julle. Soos ek gedoen het, so sal dit met julle gedoen word; julle sal in ballingskap gaan, in gevangeskap.’

12. Die prins wat onder julle is, sal dit in die donker op die skouer sit en uitgaan. Hulle sal ’n gat in die muur grawe om dit uit te bring. Hy sal sy gesig bedek sodat hy nie die land met sy oog kan sien nie.Yir 52:7-; 2 Kon 25:4-7

13. Ek sal ook My net oor hom uitsprei en hy sal in My strik gevang word en Ek sal hom na Bavel, na die land van die Kasdeërs bring; tog sal hy dit nie sien nie, alhoewel hy daar sal sterf.

14. Almal wat rondom hom is, sy helpers en al sy troepe, sal Ek na al die windstreke verstrooi en Ek sal die swaard agter hulle uittrek.

15. So sal hulle weet dat Ek יהוה is, wanneer Ek hulle onder die nasies verstrooi en hulle oor die lande uitsprei.

16. Ek sal egter ’n paar van hulle laat oorbly van die swaard, die hongersnood en die pes sodat hulle al húlle verwerplikhede onder die nasies kan vertel waar hulle ook al gaan en mag weet dat Ek יהוה is.”

17. Verder het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

18. “Seun van ’n mens, jy moet jou brood met bewing eet en jou water met siddering en benoudheid drink.

19. Dan moet jy vir die mense van die land sê: ‘So sê יהוה-God aangaande die inwoners van Yerushalayim, in die land van Yisra’el: “Hulle sal hul brood met benoudheid eet en hulle water met afgryse drink omdat hulle land van sy volheid gestroop sal word vanweë die geweld van almal wat daarin woon.

20. Die bewoonde stede sal woes gelaat word en die land sal ’n verlatenheid wees. So sal julle weet dat Ek יהוה is.”’”

21. Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

22. “Seun van ’n mens, wat is die spreekwoord wat julle het aangaande die land van Yisra’el, naamlik: ‘Die dae is lank en elke visioen faal?’

23. Sê daarom vir hulle: ‘So sê יהוה-God: “Ek sal hierdie spreekwoord laat ophou sodat hulle dit nie meer as ’n spreekwoord in Yisra’el sal gebruik nie.” Sê egter vir hulle: “Die dae kom nader, sowel as die vervulling van elke visioen,

24. want daar sal nie langer enige vals visioen of vleiende waarsêery in die huis van Yisra’el wees nie,

25. want Ek, יהוה, sal praat en watter woord Ek ook al praat, sal uitgevoer word. Dit sal nie langer uitgestel word nie, want in julle dae, o rebelse huis, sal Ek die woord sê en dit uitvoer,” verklaar יהוה-God.”’

26. Verder het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

27. “Seun van ’n mens, let op, die huis van Yisra’el sê: ‘Die visioen wat hy sien, is vir baie jare vorentoe en hy profeteer van tye wat ver is;’

28. daarom, sê vir hulle: ‘So sê יהוה-God: “Nie een van My woorde sal meer uitgestel word nie; watter woord Ek ook al praat, sal uitgevoer word,”’” verklaar יהוה-God.