hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. So sê יהוה-God: “Die poort van die binneste hof wat na die ooste kyk, moet gedurende die ses werksdae gesluit wees, maar op die Shabbatdag moet dit oopgemaak word en op die dag van die Nuwemaan.

2. Die prins moet vanaf die stoep van die poort van buite af ingaan en by die deurpos van die poort gaan staan. Dan moet die priesters sy brandoffer en sy dankoffers hanteer en hy moet by die drumpel van die poort aanbid en dan uitgaan, maar die poort moenie gesluit word, tot die aand toe nie.

3. Die mense van die land moet ook voor die ingang van dié poort, voor die Teenwoordigheid van יהוה aanbid, op die Shabbatte en op die Nuwemane.

4. Die brandoffer wat die prins aan יהוה moet offer op die Shabbatdag, is ses lammers sonder gebrek en ’n ram sonder gebrek

5. en die graanoffer moet ’n efa vir die ram wees en vir die lammers moet die graanoffer wees soveel as wat hy kan gee en ’n hin olie vir ’n efa.

6. Op die dag van die Nuwemaan: ’n jong bul sonder gebrek, ses lammers en ’n ram, wat sonder gebrek is

7. en hy moet ’n graanoffer voorsien: ’n efa vir die bul en ’n efa vir die ram, maar vir die lammers volgens wat hy kan bekostig en ’n hin olie vir ’n efa.

8. Wanneer die prins ingaan, moet hy deur die stoep van die poort ingaan en met dieselfde pad weer uitgaan.

9. Wanneer die mense van die land egter voor die Teenwoordigheid van יהוה kom op die aangestelde feeste, moet hy wat deur die Noordpoort ingaan om te aanbid, deur die Suidpoort uitgaan en hy wat deur die Suidpoort ingaan, moet deur die Noordpoort uitgaan. Niemand mag teruggaan deur die poort waardeur hy ingegaan het nie, maar moet reguit vorentoe uitgaan.

10. Wanneer hulle ingaan, moet die prins tussen hulle ingaan en wanneer hulle uitgaan, moet hy uitgaan.

11. By die feeste en op die aangestelde feeste moet die graanoffer ’n efa vir ’n bul en ’n efa vir ’n ram wees en vir die lammers soveel as iemand in staat is om te gee en ’n hin olie vir ’n efa.

12. Wanneer die prins ’n vrywillige offer voorsien, ’n brandoffer of vredesoffers as vrywillige offer aan יהוה, dan moet hulle vir hom die poort oopmaak wat na die ooste kyk en hy moet sy brandoffer en sy vredesoffers voorsien soos wat hy op die Shabbatdag doen. Dan moet hy uitgaan en die poort moet gesluit word nadat hy uitgegaan het.

13. Jy moet ook daagliks ’n lam in sy eerste jaar sonder gebrek voorsien as brandoffer aan יהוה; oggend na oggend moet jy dit voorsien.

14. Jy moet ook oggend na oggend ’n graanoffer saam met dit voorsien: ’n sesde van ’n efa en ’n derde van ’n hin olie om die fyn meel klam te maak, ’n voortdurende graanoffer aan יהוה, deur ’n ewige instelling.

15. So moet hulle die lam, die graanoffer en die olie oggend na oggend voorsien as ’n voortdurende brandoffer.”

16. So sê יהוה-God: “As die prins aan een van sy seuns ’n geskenk gee uit sy erfenis, dan behoort dit aan sy seuns: dit is hulle besitting deur erfenis,

17. maar as hy van sy erfenis ’n geskenk aan een van sy diensknegte gee, dan sal dit syne wees tot by die jaar van vryheid; dan moet dit na die prins toe teruggaan. Sy erfenis sal net sy seuns s’n wees; dit sal aan hulle behoort.

18. Die prins mag nie van die erfenis van die volk vat en hulle uitgooi uit hul besitting nie; hy moet aan sy seuns erfenis gee vanuit sy eie besitting sodat My volk nie verstrooi word, enige een uit sy besitting nie.”’”

19. Toe het hy my deur die ingang wat langs die poort was gebring, in die afgesonderde kamers vir die priesters, wat na die noorde kyk en let op, daar was ’n plek aan die verste agterkant, na die weste toe.

20. Hy het vir my gesê: “Dit is die plek waar die priesters die oortredingsoffer en die sondoffer moet kook en waar hulle die graanoffer moet bak sodat hulle dit nie uitbring in die buitenste hof om afgesonderdheid aan die volk oor te dra nie.”

21. Toe het hy my uitgebring in die buitenste hof en my gelei na die vier hoeke van die hof en let op, in elke hoek van die hof was daar ’n klein hof.

22. In die vier hoeke van die hof was daar omringde howe, veertig el lank en dertig breed; hierdie vier in die hoeke was dieselfde grootte.

23. Daar was ’n ry met steenwerk reg rondom in hulle, om al vier en daar is kookplekke gemaak onderaan die rye reg rondom.

24. Toe sê hy vir my: “Hierdie is die kookplekke waar die bedienaars van die huis die offers van die mense moet kook.”