hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

2. “Seun van ’n mens, hoe is die hout van die wingerdstok beter as enige hout van ’n tak wat tussen die bome van die woud is?

3. Kan daar hout van gevat word om enige iets te maak, of vat ’n mens daarvan ’n pen om enige houer aan op te hang?

4. As dit in die vuur gesit word as brandstof en die vuur het beide sy twee ente en sy middelste stuk verkool, is dit dan bruikbaar vir enige iets?

5. Let op, terwyl dit heel is, word daar niks van gemaak nie; hoeveel minder, wanneer die vuur dit verteer het en dit verkool is, kan dit nog tot iets gemaak word!

6. יהוה-God sê daarom: ‘Soos wat Ek die hout van die wingerdstok vanuit al die hout van die bos aan die vuur oorgegee het as brandstof, so het Ek die inwoners van Yerushalayim oorgegee

7. en Ek draai My gesig teen hulle. Alhoewel hulle uit die vuur uitgekom het, nogtans sal die vuur hulle verteer. Dan sal julle weet dat Ek יהוה is wanneer Ek My gesig teen hulle draai.

8. So sal Ek die land verlate maak omdat hulle ontrou gehandel het,’” verklaar יהוהGod.