hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:Yir 49:1-6

2. “Seun van ’n mens, draai jou gesig teen die seuns van `Ammon en profeteer teen hulle

3. en sê vir die seuns van `Ammon: ‘Hoor en luister na die woord van יהוה-God! So sê יהוה-God: “Omdat julle ‘Aha!’ uitgeroep het teen My Afgesonderde Plek toe dit onteer is en oor die land van Yisra’el, toe dit verlate gemaak is en teen die huis van Y’hudah toe hulle in ballingskap gegaan het;

4. daarom, let op, Ek gaan jou aan die seuns van die Ooste oorlewer as ’n besitting en hulle sal hul laers tussen jou opslaan en hul blyplek tussen julle maak; hulle sal jou vrugte eet en jou melk drink.

5. Ek sal van Rabbah ’n weiveld maak vir kamele en die seuns van `Ammon ’n rusplek vir veetroppe. So sal julle weet dat Ek יהוה is,”

6. want so sê יהוה-God: “Omdat jy jou hande geklap, jou voete gestamp en bly was met al die veragting van jou verstand, wil en emosie teen die land van Yisra’el.

7. Let op, Ek het daarom My hand teen jou uitgestrek en sal jou as buit vir die nasies gee en Ek sal jou afsny uit die volke en jou uit die lande verdelg; Ek sal jou vernietig. So sal jy weet dat Ek יהוה is.”

8. So spreek יהוה-God: “Omdat Mo’av en Se’ir sê: ‘Let op, die huis van Y’hudah is soos al die nasies.’

9. Let op, Ek gaan daarom die sykant van Mo’av van sy stede ontneem, die stede wat op sy verste dele is, die sieraad van die land: Beit-Yeshimot, Ba’al-M’on en Kiryatayim

10. en dit, saam met die seuns van `Ammon, vir die seuns van die Ooste as besitting gee sodat die seuns van `Ammon nie onthou sal word onder die nasies nie.

11. So sal Ek oordeel uitoefen oor Mo’av en hulle sal weet dat Ek יהוה is.”

12. So sê יהוה-God: “Omdat Edom teen die huis van Y’hudah opgetree het deur wraak te neem en ernstige skuld aangegaan het en hulle op hulle gewreek het;”

13. daarom, so sê יהוה-God: “Ek sal ook My hand uitstrek teen Edom en mens en dier daarvan afsny en Ek sal dit ’n puinhoop maak; van Teman af tot by D’dan sal hulle deur die swaard val.

14. Ek sal My wraak op Edom lê deur die hand van My volk Yisra’el; daarom sal hulle in Edom optree volgens My woede en volgens My toorn,” verklaar יהוה-God.

15. So sê יהוה-God: “Omdat die F’lishtyne in wraak opgetree het en hulle gewreek het met minagting van lewens om met ewige vyandskap te vernietig;”

16. daarom, so sê יהוה-God: “Let op, Ek sal My hand uitstrek teen die F’lishtyne en selfs die K’retiërs afsny en die wat oorbly van die seekus vernietig.Yir 47

17. Ek sal groot vergelding op hulle uitvoer met woedende teregwysings en hulle sal weet dat Ek יהוה is wanneer Ek My wraak oor hulle bring.”’”