hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

2. “Seun van ’n mens, maak aan Yerushalayim haar verwerplikhede bekend

3. en sê: ‘So sê יהוה-God vir Yerushalayim: “Jou oorsprong en jou geboorte is uit die land van die Kena’niete; jou vader was ’n Emoriet en jou moeder ’n Hittiet.

4. Wat jou geboorte betref, op die dag toe jy gebore is, is jou naelstring nie geknip nie en jy is ook nie met water gewas om jou te reinig nie; jy is ook nie met sout ingevryf of in doeke toegedraai nie.

5. Geen oog het met jammerte na jou gekyk om vir jou een van hierdie dinge te doen, om vir jou om te gee nie. Jy is eerder op die oop veld uitgegooi, want jy is verafsku op die dag toe jy gebore is.

6. Toe Ek by jou verbygaan en jou sien spartel in jou bloed, het Ek vir jou gesê terwyl jy in jou bloed spartel: ‘Leef!’

7. Ek het jou talryk gemaak soos die plante van die veld. Toe het jy gegroei en groot geword en die ouderdom bereik vir mooi ornamente; jou borste het gevorm en jou hare het gegroei en tog was jy naak en kaal.Open 19:8 Ek het ook vir jou gesweer en met jou ’n verbond aangegaan dat jy Myne geword het,” verklaar יהוה-God.

8. Toe het Ek by jou verbygegaan en jou gesien en let op, jy het die tyd bereik vir liefde; Ek het dus My kleed oor jou uitgesprei en jou kaalheid toegemaak.

9. Toe het Ek jou met water gewas, jou bloed van jou afgewas en jou met olie gesalf.

10. Ek het jou ook aangetrek met geborduurde lap en sandale van dugongvel aan jou voete gesit en Ek het jou toegedraai in fyn linne en jou bedek met sy.

11. Ek het jou met ’n kopband versier, armbande aan jou hande gesit en ’n ketting om jou nek.

12. Ek het ’n ring in jou neusgate gesit, oorringe aan jou ore en ’n pragtige kroon op jou kop.

13. So is jy versier met goud en silwer en jou klere was van fyn linne, sy en geborduurde materiaal. Jy het fyn meel, heuning en olie geëet en jy was uitermate mooi en het vooruitgegaan tot koninklikheid.

14. Toe het jou beroemdheid van jou af uitgegaan onder die nasies vanweë jou skoonheid, want dit was volmaak as gevolg van My prag en grootsheid wat Ek aan jou oorgegee het,” verklaar יהוה-God.

15. Jy het egter in jou skoonheid vertrou en gehoereer as gevolg van jou beroemdheid en jy het jou hoererye uitgestort op elke verbyganger wat gewillig sou wees.

16. Jy het van My klere gevat en vir jou kleurvolle hoë plekke versier en op hulle gehoereer. Hulle sal nie terug gebring word nie en ook nie joune wees nie.

17. Jy het ook jou mooi juweliersware wat uit My goud en My silwer gemaak is, wat Ek vir jou gegee het, gevat en jy het vir jou beelde van manne gemaak om daarmee te hoereer.

18. Toe het jy jou geborduurde klere gevat en hulle bedek en My olie en My wierook voor hulle geoffer.

19. Jy het ook My brood wat Ek vir jou gegee het, fyn meel, olie en heuning waarmee Ek jou gevoed het, voor hulle neergesit as ’n strelende reuk; so het dit gebeur,” verklaar יהוה-God.

20. “Meer nog, jy het jou seuns en jou dogters, wat jy vir My geboorte aan gegee het, gevat en hulle aan afgode geoffer om verteer te word. Was jou hoererye dan so ’n klein sakie?Deut 18:10; 2 Kon 17:17; 2 Kon 21:6; 2 Kro 28:3

21. Jy het My kinders geslag en hulle aan afgode geoffer deurdat jy hulle deur die vuur laat gaan het.

22. Saam met al jou verwerplikhede en hoererye het jy nie die dae van jou jeug onthou, toe jy naak en kaal was en gespartel het in jou bloed nie.

23. Toe het dit gebeur ná al jou booshede; ‘wee, wee jou!’” verklaar יהוה-God,

24. “dat jy vir jouself ’n afgesonderde plek en ’n hoë plek op elke dorpsplein gemaak het.

25. Jy het vir jouself ’n hoë plek by elke straatuitgang gebou en jou skoonheid verwerplik gemaak en jou bene uitgestoot vir elkeen wat verbygaan om jou hoererye te vermenigvuldig.

26. Jy het ook met die Mitzrayiete hoereer, jou wellustige bure en jou hoerery vermenigvuldig om My kwaad te maak.

27. Let nou op, Ek het My hand teen jou uitgestrek en jou rantsoene verminder en Ek het jou oorgegee aan die begeertes van hulle wat jou haat, die dogters van die F’lishtyne, wat hulle geskaam het oor jou onkuise optrede.

28. Meer nog, jy het gehoereer met die seuns van Ashur omdat jy nie bevredig was nie; jy het met hulle gehoereer en was steeds nie bevredig nie.

29. Jy het ook jou hoerery vermenigvuldig in die land van handelaars, die Kasdeërs, tog was jy ook daardeur nie bevredig nie.”

30. “Hoe smagtend is jou verstand, wil en emosie,” verklaar יהוה-God, “terwyl jy al hierdie dinge doen, die aksies van ’n hoer en rebelse vrou,

31. deurdat jy jou aanbiddingsplek aan die begin van elke pad bou en jou altare in elke straat opstel en tog was jy nie so slim soos ’n hoer wat ’n prys vra nie.

32. Jou owerspelige vrou, wat vreemdelinge vat in plaas van haar man!

33. Manne gee geskenke aan alle hoere, maar jy gee jou geskenke aan al jou minnaars om hulle om te koop om van alle kante af na jou toe te kom vir jou hoerery.

34. So is jy anders as daardie vrouens in jou hoererye, deurdat niemand hoereer soos jy nie omdat jy geld gee en geen geld word vir jou gegee nie; daarin is jy anders.”

35. O, hoer, hoor en doen daarom die woord van יהוה.

36. So sê יהוה-God: “Omdat jou onkuisheid uitgestort is en jou naaktheid ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou verwerplike afgode en as gevolg van die bloed van jou seuns wat jy vir afgode gegee het,

37. let daarom op, Ek sal al jou minnaars versamel waarmee jy plesier gehad het, almal wat jy liefgehad het en almal wat jy gehaat het. So sal Ek hulle van alle kante af teen jou bymekaarmaak en jou naaktheid aan hulle ontbloot sodat hulle jou volle naaktheid kan sien.

38. So sal Ek jou oordeel soos vroue wat owerspel pleeg en bloed vergiet geoordeel word en Ek sal die bloed van toorn en jaloesie op jou afbring.

39. Ek sal jou ook oorgee in die hand van jou minnaars en hulle sal jou afgesonderde plekke afbreek, jou hoë plekke verwoes, jou stroop van jou klere, jou juwele wegvat en jou naak en kaal los.

40. Hulle sal ’n skare mense teen jou aanhits, jou stenig en jou met hulle swaarde in stukke kap.

41. Hulle sal jou huise met vuur verbrand en oordele teen jou uitoefen voor die oë van baie vroue; dan sal Ek ’n einde aan jou hoerery maak en jy sal ook nie langer jou minnaars betaal nie.

42. So sal Ek My toorn teen jou kalmeer, My jaloesie sal van jou af weggaan en Ek sal kalm word en nie meer kwaad wees nie.

43. Omdat jy nie die dae van jou jeug onthou het nie, maar My woedend gemaak het met al hierdie dinge, let op, sal Ek daarenteen jou optrede op jou kop laat afkom,” verklaar יהוה-God “sodat jy nie hierdie onkuisheid bo en behalwe jou ander verwerplikhede sal doen nie.

44. Let op, elkeen wat spreekwoorde aanhaal, sal hierdie spreuk aangaande jou aanhaal en sê: ‘Soos die moeder, so ook die dogter.’

45. Jy is die dogter van jou moeder, wat ’n afsku gehad het aan haar man en haar kinders. Jy is ook die suster van jou susters, wat ’n afsku gehad het aan hulle mans en hulle kinders. Julle moeder was ’n Hittiet en julle vader ’n Emoriet.

46. Jou ouer suster is Shomron, wat noord van jou bly met haar dogters en jou jonger suster, wat suid van jou bly is S’dom met haar dogters.

47. Nogtans het jy nie slegs geleef volgens hulle lewenswyses en gedoen volgens hulle verwerplikhede nie, maar asof dit te min is, het jy in al jou optredes meer korrup opgetree as hulle.

48. So waar as Ek leef,” verklaar יהוה-God, “ S’dom, jou suster en haar dogters, het nie gedoen soos jy en jou dogters gedoen het nie.

49. Let op, dít was die skuld van jou suster S’dom: sy en haar dogters het arrogansie, oorvloed kos en sorgelose gemak gehad, maar sy het nie die armes en behoeftiges gehelp nie.

50. Hulle was suinig en het verwerplikhede voor My gedoen; daarom het Ek hulle verwyder toe Ek dit gesien het.

51. Verder het Shomron nie die helfte van jou sondes gedoen nie, want jy het jou verwerplikhede vermenigvuldig, meer as hulle. So het jy jou susters onskuldig laat lyk deur al jou verwerplikhede wat jy gedoen het.

52. Dra ook jou skande daarin dat jy die oordeel vir jou susters gunstig gemaak het. Deur jou sondes waarin jy meer verwerplik opgetree het as hulle, is hulle meer in die reg as jy. Ja, skaam jou ook en dra jou skande daarin dat jy jou susters onskuldig laat lyk het.

53. Nogtans sal Ek hulle gevangeskap herstel, die gevangeskap van S’dom en haar dogters, die gevangeskap van Shomron en haar dogters en saam met hulle, jou gevangeskap

54. sodat jy jou vernedering kan dra en skaam voel oor alles wat jy gedoen het toe jy vir hulle ’n troos geword het.

55. Jou susters, S’dom met haar dogters en Shomron met haar dogters, sal na hulle vorige toestand terugkeer en jy met jou dogters sal na julle vorige toestand terugkeer.

56. Soos die naam van jou suster S’dom nie van jou lippe gehoor is in die dag van jou trotsheid,

57. voordat jou boosheid geopenbaar is nie, so het jy nou die spot van die dogters van Edom en van almal wat rondom haar is, van die dogters van die F’lishtyne, hulle wat rondom jou is, wat jou verag, geword.

58. Jy het die straf van jou onkuisheid en verwerplikhede gedra,” verklaar יהוה-God,

59. want so sê יהוה-God: “Ek sal ook met jou doen soos wat jy gedoen het, jy wat die eed geminag het deur die verbond te verbreek.Yir 31:33

60. Nogtans sal Ek My verbond met jou in die dae van jou jeug onthou en Ek sal ’n ewige verbond met jou oprig.

61. Dan sal jy jou lewenswyse onthou en skaam wees wanneer jy jou susters ontvang, beide die ouer en die jonger en Ek sal hulle aan jou gee as dogters, maar nie as gevolg van jou verbond nie.

62. So sal Ek My verbond met jou bevestig en jy sal weet dat Ek יהוה is

63. sodat jy kan onthou en skaam wees en nooit weer jou mond oopmaak as gevolg van jou vernedering nie, wanneer Ek jou vergewe het vir alles wat jy gedoen het,” verklaar יהוה-God.