hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die vyf en twintigste jaar van ons ballingskap, aan die begin van die jaar, op die tiende van die maand, in die veertiende jaar nadat die stad ingeneem is, op daardie selfde dag, was die hand van יהוה op my en Hy het my daarheen gebring.Heb 12:22

2. In visioene van God het Hy my in die land van Yisra’el gebring en my op ’n baie hoë berg neergesit en daarop, na die suide toe, was daar ’n struktuur soos ’n stad.

3. Hy het my daarheen gebring en let op, daar was ’n man wat in sy voorkoms was soos koper, met ’n linne tou en ’n meetstok in sy hand en hy het in die poort gestaan.

4. Die man het vir my gesê: “Seun van ’n mens, kyk met jou oë, hoor met jou ore en gee aandag aan alles wat ek jou gaan wys, want jy is hierheen gebring om dit vir jou te wys. Verkondig aan die huis van Yisra’el alles wat jy sien.”

5. Let op, daar was ’n muur aan die buitekant van die tempel, reg rondom en in die man se hand was ’n meetstok van ses el; elke el was een el en ’n handbreedte. Hy het die dikte van die muur gemeet: een meetstok en die hoogte: een meetstok.

6. Toe het hy na die poort toe gegaan wat oos kyk, met sy trappe opgegaan en die drumpel van die poort gemeet: een meetstok in breedte en die ander drumpel: een meetstok in breedte.

7. Die wagkamer: een meetstok lank en een meetstok breed en daar was vyf el tussen die wagkamers. Die drumpel van die poort langs die stoep van die poort aan die binnekant: een meetstok.

8. Toe het hy die stoep van die poort aan die binnekant gemeet: een meetstok.

9. Hy het die stoep van die poort gemeet: agt el en sy sypilare: twee el; die stoep van die poort was aan die binnekant.

10. Daar was drie wagkamers by die poort na die ooste aan elke kant; al drie het dieselfde afmetings gehad. Die sypilare, weerskante, het ook dieselfde afmetings gehad.

11. Hy het die wydte van die poort-ingang gemeet: tien el; die lengte van die poort: dertien el.

12. Daar was ’n afskortingsmuur voor die wagkamers van een el aan elke kant en die wagkamers was ses el aan elke kant.

13. Hy het die poort gemeet vanaf die dak van die een wagkamer tot by die dak van die ander: ’n breedte van vyf en twintig el, vanaf deur tot deur.

14. Hy het die sypilare sestig el hoog gemaak; die poort het omgeloop tot by die sypilaar van die hof.

15. Vanaf die voorkant van die ingangspoort tot by die voorkant van die binnestoep van die poort: vyftig el.

16. Daar was geluikte vensters in die rigting van die wagkamers en in die rigting van die sypilare reg rondom; net so ook na die stoepe; daar was ook vensters reg rondom aan die binnekant en op elke sypilaar was palmboom ornamente.

17. Toe het hy my in die buitenste hof gebring en let op, daar was kamers en ’n plaveisel reg rondom vir die hof gemaak; dertig kamers het na die plaveisel toe gekyk.

18. Die plaveisel, (die laer plaveisel), was langs die poorte, ooreenkomstig die lengte van die poorte.

19. Toe het hy die breedte gemeet vanaf die voorkant van die laer poort tot voor die buitekant van die binneste hof: een honderd el, aan die ooste en aan die noordekant.

20. Aangaande die poort van die buitenste hof wat na die noorde lê, het hy sy lengte en sy breedte gemeet.

21. Dit het drie wagkamers aan elke kant gehad en sy sypilare en sy stoepe het dieselfde afmeting gehad as die eerste poort: vyftig el sy lengte en vyf en twintig el die breedte.

22. Sy vensters, sy stoepe en sy palmboom ornamente het dieselfde afmetings gehad as die poort wat na die ooste kyk; dit kon bereik word deur sewe trappe en sy stoep was voor hom.

23. Die binneste hof het ’n poort oorkant die poort na die noorde sowel as na die ooste en hy het ’n honderd el gemeet van poort tot poort.

24. Toe het hy my na die suide toe gelei en let op, daar was ’n poort na die suide en hy het sy sypilare en sy stoepe gemeet volgens dieselfde afmetings.

25. Die poort en sy stoepe het vensters reg rondom gehad, soos die ander vensters; die lengte was vyftig el en die breedte vyf en twintig el.

26. Sewe trappe het opgegaan daarheen en sy stoepe was voor hulle en dit het palmboom ornamente gehad op sy sypilare, een aan elke kant.

27. Die binneste hof het ’n poort na die suide gehad en hy het van poort tot poort na die suide toe gemeet: ’n honderd el.

28. Toe het hy my via die Suidpoort na die binneste hof gebring en hy het die Suidpoort gemeet volgens daardie selfde afmetings.

29. Sy wagkamers, sy sypilare en sy stoepe was volgens daardie selfde afmetings en die hek en die stoepe het vensters reg rondom gehad; dit was vyftig el lank en vyf en twintig el breed.

30. Daar was stoepe reg rondom; vyf en twintig el lank en vyf el breed.

31. Sy stoepe was na die buitenste hof met palmboom ornamente op sy sypilare en sy trap het agt trappe gehad.

32. Hy het my in die binneste hof ingebring in die rigting van die ooste en hy het die poort gemeet volgens daardie selfde afmetings.

33. Ook sy wagkamers, sy sypilare en sy stoepe was volgens daardie selfde afmetings en die poort en die stoepe het vensters reg rondom gehad; dit was vyftig el lank en vyf en twintig el breed.

34. Sy stoepe was in die rigting van die buitenste hof en daar was palmboom ornamente op sy sypilare aan elke kant en sy trap het agt trappe gehad.

35. Toe het hy my na die Noordpoort gebring en hy het dit gemeet volgens daardie selfde afmetings,

36. sy wagkamers, sy sypilare en sy stoepe. Die poort het vensters reg rondom gehad; die lengte was vyftig el en die breedte vyf en twintig el.

37. Sy stoepe was in die rigting van die buitenste hof en daar was palmboom ornamente op elke kant op sy sypilare en sy trap het agt trappe gehad.

38. ’n Kamer met sy ingang was by die sypilare by die poorte; daar het hulle die brandoffer afgespoel.

39. Op die stoepe van die poort was twee tafels aan elke kant om daarop die brandoffer, die sondoffer en die oortredingsoffer te slag.

40. Aan die buitekant, soos jy opgaan na die poort in die noorde, was twee tafels en aan die ander kant van die stoep van die poort, was twee tafels.

41. Vier tafels was aan elke kant langs die poort; agt tafels waarop hulle geslag het.

42. Daar was vier tafels vir die brandoffer, van gekapte klip, ’n anderhalf el lank, ’n anderhalf el breed en een el hoog waarop hulle die instrumente neergesit het waarmee hulle die brandoffer en die slagoffer geslag het.

43. Die dubbel hake, ’n handbreedte lank, was reg rondom die huis opgesit en op die tafels was die vleis vir die offers.

44. Vanaf die buitekant tot by die binneste poort was daar kamers vir die sangers in die binneste hof, een van hulle was langs die Noordpoort, met sy voorkant na die suide toe en een was langs die Suidpoort, met die voorkant na die noorde toe.

45. Hy het vir my gesê: “Hierdie is die kamer wat na die suide kyk, vir die priesters wat die tempel moet versorg,

46. maar die kamer wat na die noorde toe kyk is vir die priesters wat die altaar versorg. Hulle is die seuns van Tzadok, wat vanuit die seuns van Levi nader mag kom na יהוה om Hom te bedien.

47. Hy het die hof gemeet: ’n vierkant, een honderd el lank en ’n honderd el breed en die altaar was voor die tempel.

48. Toe het hy my na die stoep van die tempel gebring en elke sypilaar van die stoep gemeet: vyf el aan elke kant en die breedte van die poort was drie el aan elke kant.

49. Die lengte van die stoep was twintig el en die breedte elf el en by die trappe waarmee daarheen opgegaan is, was daar pilare by die sypilare, een aan elke kant.