hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

2. “Wat bedoel julle as julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Yisra’el en sê: ‘Die vaders eet die groen druiwe, maar die seuns se tande word stomp’?

3. So waar as Ek leef,” verklaar יהוה-God, “julle sal sekerlik nie meer hierdie spreekwoord in Yisra’el gebruik nie.Rom 6:23

4. Let op, al die lewens is Myne; die lewe van die vader, sowel as die lewe van die seun is Myne. Die lewe wat sondig, sal sterf.

5. As ’n mens regverdig is en regverdig oordeel; onpartydige opregtheid praktiseer;

6. nie afgodsoffers op die berge eet of sy oë opslaan na die afgode van die huis van Yisra’el of sy naaste se vrou onteer of naby ’n vrou kom tydens haar maandstonde nie;

7. as iemand geen persoon onderdruk nie, maar aan die skuldenaar sy waarborg teruggee; nie roof nie, maar sy brood gee vir die hongeres en die wat kaal is, met klere toemaak;

8. nie geld uitleen op rente of meer terugvat nie; as hy sy hand terughou van oortreding en ware oordeel uitspreek tussen man en man;

9. in My instellings en in My wette loop, deur getrou op te tree: hy is onpartydig opreg en sal sekerlik leef,” verklaar יהוה-God.

10. As hy geboorte gee aan ’n gewelddadige seun, wat bloed vergiet en enige van hierdie bose dinge doen;

11. wat afgodsoffers eet op die berge, sy naaste se vrou onteer,

12. wat die armes en behoeftiges onderdruk, sy naaste afpers, die waarborg nie teruggee aan sy eienaar nie, sy oë oplig na die afgode en verwerplike dinge doen,

13. geld uitleen met rente en meer vat; sal hy dan lewe? Hy sal nie lewe nie! Hy het al hierdie verwerplikhede gedoen, hy sal sekerlik doodgemaak word; sy bloed sal op homself wees.

14. As hy egter ’n seun het wat al die sondes sien wat sy vader gedoen het en nie dieselfde doen nie:

15. hy eet nie afgodsoffers op die berge en slaan nie sy oë op na die afgode van die huis van Yisra’el, of onteer die vrou van sy naaste nie;

16. verdruk niemand of hou ’n waarborg terug of roof nie, maar gee sy brood vir die hongeres en bedek die wat kaal is met klere;

17. hy weier nie om die armes te help nie en vat geen rente of meer nie, maar voer My wette uit en leef in My instellings; hy sal nie sterf vir sy vader se oortredinge nie, hy sal sekerlik leef.

18. Wat sy vader betref, omdat hy afpersing toegepas het, sy broer beroof het en onder sy volk gedoen het wat nie goed is nie, let op, hy sal vir sy oortredinge sterf.

19. Nogtans sê julle: ‘Waarom sou die seun nie die straf vir die vader se oortredinge dra nie?’ Wanneer die seun regverdigheid, onpartydige opregtheid gepraktiseer het en al My instellings onderhou en dit gedoen het, sal hy sekerlik leef!Deut 24:16; 2 Kon 14:6; Yir 31:30

20. Die persoon wat sondig sal sterf. Die seun sal nie die straf dra vir die vader se oortredinge nie en die vader sal ook nie die straf dra vir die seun se oortredinge nie; die regverdigheid van die onpartydige en opregte sal op homself wees en die boosheid van die bose oortreder sal op homself wees.

21. As die bose oortreder wegdraai van al sy sondes wat hy gedoen het en al My instellings onderhou en regverdig oordeel, onpartydige opregtheid, toepas, sal hy sekerlik leef, hy sal nie sterf nie.

22. Al sy oortredinge wat hy gedoen het, sal nie teen hom onthou word nie; as gevolg van sy onpartydige opregtheid wat hy praktiseer het, sal hy lewe.1 Tim 2:4

23. Het Ek enige behae in die dood van die bose oortreder,” verklaar יהוה-God, “eerder as dat hy sal wegdraai van sy lewenswyse af en leef?

24. As die onpartydige en opregte man egter wegdraai van regverdigheid, oortredinge pleeg en doen volgens al die verwerplikhede wat die bose oortreder doen, sal hy dan leef? Al sy onpartydige en opregte dade wat hy gedoen het, sal nie onthou word nie; vir sy troueloosheid wat hy gedoen het en sy sonde wat hy gedoen het, vir hulle sal hy sterf.

25. Nogtans sê julle: ‘Die pad van יהוה is nie reg nie. Hoor en luister nou, o huis van Yira’el! Is My pad nie reg nie? Is dit nie júlle paaie wat nie reg is nie?

26. Wanneer ’n regverdige man wegdraai van sy onpartydige opregtheid, oortredinge doen en sterf as gevolg daarvan, sal hy sterf vir die oortredinge wat hy gedoen het.

27. Weer, wanneer die bose oortreder wegdraai van sy boosheid wat hy gedoen het en regverdigheid, onpartydige opregtheid doen, sal hy sy lewe red.

28. Omdat hy dit oorweeg het en weggedraai het van sy oortredinge wat hy gedoen het, sal hy sekerlik leef, hy sal nie sterf nie.

29. Die huis van Yisra’el sê egter: ‘Die pad van יהוה is nie reg nie.’ Is My paaie nie reg nie, o huis van Yisra’el? Is dit nie júlle paaie wat nie reg is nie?

30. Ek sal julle daarom oordeel, o huis van Yisra’el, elkeen volgens sy optrede,” verklaar יהוה-God. “Erken en draai weg van al julle oortredinge sodat onregverdigheid nie vir julle ’n struikelblok kan word nie.

31. Gooi al julle oortredinge, wat julle gedoen het, van julle af weg en maak vir julle ’n nuwe verstand, wil en emosie en ’n nuwe gees, want waarom wil julle sterf, o huis van Yisra’el?

32. Want Ek het geen behae in die dood van enige een wat sterf nie,” verklaar יהוהGod. “Erken daarom, draai weg en leef.”