hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 20 Die Boodskap (DB)

Sofar reageer die tweede keer op Job

1. Sofar het Job geantwoord en gesê:

2. “Ek moet jou antwoord, want ek is omgekrap oor wat jy gesê het.

3. Jou kritiek op wat ek gesê het, is ’n belediging vir my. Ek dink ek weet hoe ek jou daarop moet antwoord.

4. “Ek is seker jy weet dat vandat die eerste mens op die aarde gesit is,

5. die slegte mense se geluk nie lank hou nie. Dit is ook so dat die blydskap van ’n mens wat God nie wil ken nie, net ’n kort rukkie hou.

6. Al sou ’n goddelose mens dink dat hy beter as gewone mense is, en met sy kop in die wolke loop,

7. sal daar op die ou einde tog niks van hom oorbly nie. Hy sal soos sy eie ontlasting net verdwyn. Mense wat hom ken, sal vra: “Wat het van hom geword?”

8. Hy sal soos ’n droom of ’n gesig wat hy in die nag sien, net wegraak.

9. Sy vriende en familie sal hom nooit weer sien nie.

10. Sy kinders sal by die arm mense bedel, want hy sal sy rykdom moet teruggee.

11. Hy is eintlik nog jonk en sterk, maar hy is op pad graf toe.

12. “Hy hou daarvan om verkeerde dinge te doen. Dit is soos om iets lekkers onder jou tong te laat smelt.

13. Hy hou dit so lank moontlik in sy mond.

14. Maar die kos in sy maag word bitter. Dit is soos dodelike gif in sy maag.

15. Hy sal die rykdom wat hy ingesluk het, weer uitbraak. God sal dit uit sy maag laat uitkom.

16. Hy sal die gif van slange suig. ’n Adder sal hom doodpik.

17. Hy is baie ryk, maar dit help hom niks nie. Hy sal nie die riviere van olie sien nie. Hy sal ook nie oorvloed van melk en heuning geniet nie.

18. Hy sal nie vir sy harde werk betaal word nie. Sy rykdom sal hom ook nie bly maak nie.

19. Hy het die arm mense uitgebuit en hulle in hulle ellende gelos. Hy het ander mense se huise wat hy nie gebou het nie, afgevat.

20. Hy was baie gulsig, hy kon net nooit genoeg kry nie. Hy het van baie dinge gedroom, maar hy sal niks daarvan oorhou nie.

21. As hy eet, bly daar gewoonlik niks oor nie. Net so sal sy voorspoed ook nie aanhou nie. Dit sal verdwyn.

22. “Hy sal nog so in weelde leef en sy rykdom geniet, dan tref die ongeluk hom. Ellendes sal hom tref soos hy nie gedink het dit kan nie.

23. Hy sal nog so sy maag vol eet, dan tref God se vreeslike woede hom. Sy woede sal soos reën op hom val.

24. Hy sal probeer wegvlug van ’n wapen wat van yster gemaak is, maar dan tref ’n koperpyl hom.

25. Die pyl sal deur sy lyf gaan en in sy ingewande vassteek. As hulle die pyl uittrek, sal ’n doodsvrees hom skielik oorval.

26. Sy besittings sal in ’n groot, donker gat verdwyn. ’n Vuur wat nie deur enigiemand aangeblaas is nie, sal hom verbrand. Die vuur sal alles opvreet wat in sy blyplek oor is.

27. Die hemel sal al die verkeerde goed wys wat hy gedoen het. Die aarde sal teen hom getuig.

28. Alles wat in sy huis is, sal weggespoel word wanneer God se woede hom soos ’n vloed sal tref.

29. Dit is wat met slegte mense gaan gebeur. Die Here het besluit dit is wat moet gebeur.”