hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 26 Die Boodskap (DB)

Job praat ’n negende keer

1. Job het Bildad geantwoord en gesê:

2. “Dis nou wonderlike hulp wat jy vir ’n mens gee wat swak en hulpeloos is.

3. Hoe goed is jou raad nie vir iemand wat net mooi niks weet nie! Sjoe, jy wys dat jy sommer baie kennis het.

4. Waar kom jy aan alles wat jy sê? Wie inspireer jou om hierdie dinge te sê?

5. “Die mense wat reeds dood is, bewe voor God daar in die doderyk.

6. Die doderyk is die plek van vernietiging. Dit lê oop en bloot voor God.

7. God sprei die hemel in die noorde uit oor ’n leë gat. Hy laat die aarde in ’n leë ruimte hang.

8. Hy maak die reën toe in dik wolkkomberse sonder dat dit skeur, al is die reën ook hoe swaar.

9. Hy maak die volmaan toe met ’n wolk wat Hy daaroor trek.

10. Hy het die horison getrek op die water om ’n grens tussen lig en donker te maak.

11. Die pilare waarop die hemel staan, sidder en bewe vir sy kwaai woorde.

12. Met sy krag laat Hy die oersee bedaar. Hy het die seemonster met sy vaardighede verpletter.

13. Met sy asem het Hy die hemelruim skoon geblaas. Met sy krag het Hy die seemonster deurboor toe hy wou wegvlug.

14. Hierdie dinge is maar ’n druppel in die emmer van wat Hy kan doen. Dit is maar net ’n gefluister oor sy krag. Wie sal die groot gedreun van sy mag kan verstaan?”