hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 23 Die Boodskap (DB)

Job praat ’n agtste keer

1. Job het gereageer op wat Elifas te sê gehad het. Hy het gesê:

2. “Ek wil vandag weer kla. Ek is nog steeds opstandig omdat ek swaarkry. Ek kreun van swaarkry.

3. Ek wens ek het geweet waar om God in die hande te kry. Ek sou na Hom toe gegaan het waar Hy ook al is.

4. Ek sou my saak gestel het en al my argumente vir Hom uitgepak het.

5. Ek sou na sy antwoord geluister het en probeer verstaan het wat Hy sê.

6. Ek glo nie Hy sou sy groot mag gebruik het om my te oorrompel nie. Nee, Hy sou na my geluister het.

7. ’n Mens wat reg leef, sou met Hom oor sake kon redeneer. Ek is oortuig daarvan dat my Regter my sou vrygespreek het.

8. “Ek gaan oos, en Hy is nie daar nie. Ek soek in ’n westelike rigting, maar ek kry Hom nie.

9. Ek het in die noorde en in die suide gesoek, maar ek kon Hom steeds nie kry nie.

10. Die Here ken my lewe. As Hy my sou toets, sal Hy uitvind dat ek soos suiwer goud is.

11. Ek leef soos Hy wil hê ek moet leef. Ek volg Hom en draai nie links of regs van die koers af nie.

12. Hy het sekere voorskrifte gegee wat ons moet navolg, en ek kom dit na. Ek vat sy woorde baie ernstig op.

13. Maar Hy bly soos Hy is, Hy verander nie. Wie sal dit waag om Hom te probeer verander? Hy doen net wat Hy wil doen.

14. Hy het planne met my. Hy sal sorg dat wat Hy vir my beplan het, sal gebeur. Dit lyk of Hy baie sulke planne het.

15. Omdat ek weet dat die Here daar by my is, word ek vreeslik bang. Hoe meer ek daaroor dink, hoe banger word ek.

16. Die Here maak my so bang dat my hart wil gaan staan.

17. Alles voel donker om my. Dit is of ’n digte donkerte my gesig wil toemaak. Maar al voel dit so, die donker sal dit nie regkry om my stil te maak nie.”