hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 18 Die Boodskap (DB)

Bildad reageer ’n tweede keer teen Job

1. Bildad het Job geantwoord en gesê:

2. “Hoe lank gaan jy nog aanhou praat, Job? Dink ’n slag mooi oor wat jy sê, dan praat ons weer.

3. Dink jy ons is ’n klomp beeste? Dink jy ons is dom?

4. Jy maak jouself vreeslik seer omdat jy kwaad is. Maar sê my, moet al die mense van die aarde padgee ter wille van jou? Moet ’n rots ter wille van jou uit sy plek geskuif word?”

Bildad sinspeel dat dieselfde met

5. “Dit is waar dat die lig van die slegte mense sal doodgaan. Hulle vlammetjies sal nie meer brand nie.

6. Daar sal nie meer lig in hulle blyplekke skyn nie. Hulle lampe sal ook ophou brand.

7. Die slegte mense sal nie meer so vol selfvertroue rondloop nie. Hulle eie planne sal hulle laat ondergaan.

8. Hierdie kwaaddoeners sal in ’n net vasloop. Hulle sal in ’n vanggat val wat in die pad gegrawe is.

9. Hulle sal in ’n wip trap wat hulle aan die hakskeen sal vasvang.

10. ’n Lus is vir hulle op die grond weggesteek wat hulle nie sal kan sien nie.

11. Oral om hulle is daar gevare wat hulle bangmaak en hulle wil oorval.

12. Omdat hulle honger is, het hulle nie veel krag nie. Onheil kan nie wag dat hulle moet val nie.

13. Daar is siektes wat hulle vel laat wegkrimp. Die dood eet hulle ledemate weg.

14. Hulle sal uit die veiligheid van hulle woonplekke uitgeruk word. Hulle sal dan na die koning van alle onheil gebring word.

15. Daar sal niks in hulle huise oorbly nie, want brandende swael sal daaroor gegooi word.

16. Hulle wortels sal uitdroog en hulle takke sal heeltemal verlep.

17. Niemand sal ooit eens onthou of weet dat hulle op die aarde geleef het nie.

18. Hulle sal uit die lig in die donker gegooi word. Hulle sal uit hierdie wêreld gejaag word.

19. Hulle sal nie kinders of kleinkinders hê nie. Niemand sal oorleef om in hulle land agter te bly nie.

20. Die mense in die weste en in die ooste sal geskok wees oor wat met hulle gebeur.

21. Hulle sal sê: ‘Dit moet die huise wees van mense wat God nie geken het nie en hulle nie aan Hom gesteur het nie.’ Dieselfde sal met jou gebeur, Job, omdat jy opstandig is.”