hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 27 Die Boodskap (DB)

Job praat nog verder

1. Job het verder gepraat en gesê:

2. “God het nie reg met my gemaak nie. Hy is magtiger as alles en almal, maar Hy het my lewe bitter gemaak. Hy is ’n lewende God en by sy Naam wil ek ’n eed neem.

3. So lank as wat ek leef en God vir my asem gee,

4. sal ek die waarheid praat. Daar sal nie ’n leuen oor my lippe kom nie.

5. Maar dit kan julle weet, daar is nie ’n manier dat ek sal toegee dat julle reg is nie. So lank as wat ek leef, sal ek die feit verdedig dat ek onskuldig is.

6. Ek sal bly sê dat my saak reg is en daarby hou ek. My gewete is skoon oor elke dag van my lewe.

7. “My vyande is sleg en my opponente is onregverdige mense. Hulle moet daarvoor gestraf word.

8. Daar is geen hoop vir mense wat God nie wil ken nie. Hy laat hulle doodgaan.

9. Sal God na hulle luister as hulle na Hom roep wanneer hulle in die moeilikheid is?

10. Sal hulle aan die Here kan dink en sal die gedagtes oor Hom wat by hulle opkom, hulle bly maak? Sal hulle die vrymoedigheid hê om enige tyd na die Here te roep?

11. “Ek sal julle oor God se mag leer. Ek sal niks oor Hom wegsteek nie.

12. Maar eintlik hoef ek dit nie te doen nie, want julle het almal al gesien hoe God dinge doen. Wat ek nie verstaan nie, is dat julle steeds al hierdie sinnelose dinge kwytraak.

13. “God het besluit dat Hy slegte mense sal straf.

14. So sal Hy hulle straf: as hulle baie kinders het, sal hierdie kinders óf in ’n oorlog óf van honger doodgaan.

15. Die mense wat dit sal oorleef, sal van siektes in die graf beland. Hulle weduwees sal nie eers oor hulle treur nie.

16. “Baie slegte mense het so baie geld dat hulle dit nie eers kan tel nie. Hulle het ook hope klere.

17. Maar dit help niks nie, want eendag sal van die mense wat reg leef, daardie klere dra. Hulle sal ook hierdie slegte mense se geld onder hulle verdeel.

18. Die huise wat hierdie kwaaddoeners gebou het, is soos ’n spinnekopweb of ’n skerm van takke. Dit is nie baie stewig nie en hou nie baie lank nie.

19. “Die kwaaddoeners gaan slaap nog in die aand as ryk mense. Maar as hulle opstaan, ontdek hulle dat al hulle rykdom verdwyn het.

20. Hulle word deur rampe getref wat soos vloedwater oor hulle spoel. In die nag word hulle deur ’n stormwind weggewaai.

21. Die oostewind sal hulle gryp en hulle van hulle huise af wegwaai.

22. Die wind tref hulle genadeloos. Hulle moet vlug vir die groot krag van die wind.

23. Dit is of die wind hande klap en fluit van blydskap oor wat met hulle gebeur.”