hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 35 Die Boodskap (DB)

Elihu: God luister nog

1. Elihu het aangehou praat en gesê:

2. “Job, dink jy dit is reg om aan te hou sê dat jy voor God onskuldig is?

3. Terselfdertyd vra jy: ‘Wat help dit my om reg te leef? Hoe is ek nou beter daaraan toe as wat ek sou gewees het as ek verkeerde dinge gedoen het?’

4. Ek sal jou en al jou vriende hierop antwoord.

5. Kyk na die hemel, dan sal jy sien hoe hoog die wolke bokant jou is.

6. As jy verkeerd doen, dink jy dit doen iets aan God? Nee, jy kry niks daardeur reg nie. Al hou jy ook aan om verkeerd te doen en weer verkeerd te doen, dit doen net mooi niks aan Hom nie.

7. Wat help dit Hom as jy reg doen? Hy het niks nodig wat jy vir Hom kan gee nie.

8. As jy verkeerd doen, is dit sleg vir mense soos ek en jy. As jy reg doen, help dit weer ander mense.

9. “As mense baie swaarkry, kla hulle steen en been. As iemand wat baie mag het, hulle verdruk, roep hulle dat iemand hulle moet kom help.

10. Maar hulle vra nie: ‘Waar is God wat ons gemaak het? Waar is die Here wat ons kan laat aanhou sing al kry ons hoe swaar?

11. Waar is Hy wat ons meer verstand gegee het en slimmer gemaak het as die diere van die aarde en die voëls van die hemel?’

12. “Maar as hulle tog na die Here roep om hulle te help, antwoord Hy hulle nie. Die arrogansie van slegte mense stoot Hom af, Hy hou niks daarvan nie.

13. Die waarheid van die saak is dat God Hom nie aan ’n sinlose geroep steur nie. Hy laat dit by Hom verbygaan.

14. “Maar Hy sal nog minder na jou luister as jy kla dat jy nie ’n kans kry om Hom te sien nie; as jy kla dat jou saak al lank voor Hom lê en wag.

15. Hy sal ook nie na jou luister as jy nou sê dat Hy nie mense straf as Hy kwaad is nie. Ook nie as jy sê dat Hy Hom nie daaraan steur as mense verkeerd doen nie.

16. Nee, Job, jy praat nou twak! Jy weet regtig nie waarvan jy praat nie.”