hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 39 Die Boodskap (DB)

1. “Kan jy vir die leeuwyfie haar prooi jag? Kan jy vir die jong leeus genoeg gee om te eet

2. daar waar hulle in hulle blyplekke lê of wegkruip terwyl hulle wag dat die jag moet klaarmaak?

3. Wie gee vir die kraaie kos as hulle rondskarrel omdat daar nie kos is nie, wanneer hulle kleintjies na God roep om vir hulle kos te gee?”

Die Here praat verder met Job

4. “Weet jy wanneer dit tyd is vir die bergbokke om te lam? Het jy al bygestaan as ’n wildsbokooi geboorte gee?

5. Weet jy hoe lank sy die ongebore lam dra? Weet jy wanneer hulle moet lam?

6. Wanneer dit tyd is dat die lam gebore moet word, hurk die ooi neer vir die geboorte.

7. Die klein bokkies groei en word in die veld groot. As hulle uitgegroei is, gaan hulle van hulle ouers af weg en kom nooit weer terug nie.

8. “Wie het die wilde donkies losgelaat en hulle vry laat rondloop?

9. Ek het hulle in die woestyn laat bly. Die soutpanne was hulle weiplek.

10. Hulle bly van die geraas in die stad af weg. Hulle steur hulle ook nie aan die geskree van mense wat hulle rondjaag en wil tem nie.

11. Hulle loop en wei in die berge en soek na elke groen grassie wat hulle kan kry om te eet.

12. “Sal die buffel bereid wees om vir jou te werk? Sal hy in die aand by jou voerbak kom staan en eet?

13. Kan jy ’n buffel voor ’n ploeg inspan? Sal hy jou landerye vir jou ploeg en eg?

14. Die buffel het geweldige krag. Sal jy op sy krag staatmaak om jou harde werk vir jou te doen?

15. Kan jy die buffel vertrou om jou graan vir jou na die dorsvloer toe te bring?

16. “Die volstruis is vrolik en klap haar vlerke. Haar vere en vlerke is pragtig.

17. Sy los haar eiers bo-op die grond en laat die grond dit warm hou.

18. Sy dink nie eers daaraan dat iemand op die eiers kan trap of dat die wilde diere hulle kan breek nie.

19. Sy werk rof met haar kuikens asof dit nie haar eie is nie. Dit lyk nie of dit haar pla dat haar moeite om hulle uit te broei verniet kan wees nie.

20. God het haar nie baie slim gemaak nie. Sy het nie veel verstand gekry nie.

21. Maar die keer as sy opspring en begin hardloop, maak sy ’n gek van ’n perd en sy ruiter. Sy hardloop skoon onder hulle uit.

22. “Job, gee jy miskien vir die perd sy krag? Het jy gesorg vir die golwende maanhare op die perd se nek?

23. Maak jy dit vir hom moontlik om soos ’n sprinkaan te kan spring? Het jy vir die perd sy trotse snork gegee waarmee hy mense afskrik?

24. Hy kap met sy hoef in die grond en wys sy krag. As hy in ’n oorlog ingaan,

25. ken hy nie so iets soos vrees nie. Geen wapen sal hom laat weghardloop nie.

26. Al raas en blink die wapens, dit skrik hom nie af nie.

27. Hy skud en bewe van spanning en kap in die grond. Hy kan nie wag dat hulle die trompet blaas wat die teken gee om aan te val nie.

28. Hy snork as hy die klank van die beuel hoor. Hy snuif in die lug asof hy die geveg op ’n afstand kan ruik. Hy kan hoor wanneer die offisiere bevele uitskreeu.

29. “Job, is dit jou insig wat die valk laat sweef as hy sy vlerke na die suide toe span?

30. Het jy vir die arend gesê om sy nes hoog in die berge te bou?

31. Hy bly op die rotse en maak sy nes op skerp kranse. Dit is soos ’n veilige plek om in te skuil.

32. Al is dit ver, kyk hy daar van bo af en soek vir hom ’n prooi om te eet.

33. Die arend is altyd daar waar iets dood is. Sy kuikens vreet die bloederige vleis.”

34. Die Here het vir Job gesê:

35. “Wil jy ’n saak teen My maak en My reghelp? Jy stry met My, maar het jy die antwoorde?”

Job antwoord die Here

36. Job het die Here geantwoord en gesê:

37. “Ek is eintlik niks! Wat kan ek U antwoord? Ek sal my hand op my mond sit en stilbly.

38. Ek het alreeds te veel gesê, ek het niks meer om te sê nie.”