hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 7 Die Boodskap (DB)

1. Job het sy vriende gevra: “Is ’n mens se lewe op aarde nie maar harde werk nie? Dit is soos om elke dag vir iemand te werk wat jou huur.

2. Dit is soos ’n werker wat daarna uitsien om net in die koelte te kan staan. Of soos ’n werker wat nie kan wag om sy geld te kry vir die dag se werk wat hy gedoen het nie.

3. Vir baie maande al het ek niks om voor te lewe nie. Ek worstel baie nagte van swaarkry deur.

4. As ek in die aand bed toe gaan, wens ek dit is al die volgende môre. Maar die nagte is lank en uitgerek. Ek lê en rondrol tot die volgende oggend toe.

5. My hele lyf is vol wurms en rowe. My vel word hard en bars oop terwyl sweersel uitloop.”

Job roep na God

6. Job het vir die Here gesê: “Daar is nie hoop vir my nie. My lewe gaan vinniger verby as wat die spoel in ’n weefraam heen en weer beweeg.

7. Here, onthou dat my lewe soos ’n asemteug is. Ek sal nooit weer goeie dinge sien gebeur of geniet nie.

8. U sien my nou net vir ’n klein rukkie. Terwyl U nog so na my sal kyk, sal ek net skielik nie meer daar wees nie.

9. ’n Wolkie raak so geleidelik weg en verdwyn dan heeltemal. Net so sal ’n mens wees wat doodgaan en nie weer terugkom nie.

10. So ’n mens is vir altyd van sy huis af weg. Almal wat hom vroeër geken het, sal van hom vergeet.”

11. Job het voortgegaan en gesê: “Ek kan nie meer stilbly nie. Ek wil praat van die swaarkry wat ek deurgaan. Ek wil kla, want ek voel bitter.

12. Is ek soos ’n see of ’n seemonster dat U iemand aanstel om my op te pas?

13. As ek gedink het dat ek kon gaan lê het en dat my bed my sou troos, het ek dit mis gehad. Ek het gedink dat ek my ellende sou kon vergeet as ek slaap.

14. Maar U het vir my drome gegee wat my banggemaak het. U het my verskriklike goed laat sien wat my nagmerries gegee het.

15. Dit was so erg dat ek sou verkies het dat iemand my verwurg. Ek sou liewer wou doodgaan as om langer so in my liggaam te bly leef.

16. Ek haat my lewe. Ek gaan tog nie vir altyd lewe nie. Laat my tog net alleen. My lewe maak nie meer sin nie.

17. “Here, waarom is mense so belangrik vir U? U doen so baie moeite met hulle.

18. U kyk elke môre hoe dit met hulle gaan. U toets ook die mens elke oomblik van die dag.

19. U kyk nie eens vir ’n klein rukkie van my af weg nie. Hoekom gee U my nie net ’n kans om asem te skep nie?

20. As ek verkeerde goed sou gedoen het, wat het ek aan U gedoen? U pas mense soos ’n bewaarder op. Hoekom het U my as ’n teiken gebruik? Hoekom het U my gekies? Het ek vir U ’n las geword?

21. Hoekom vergewe U my nie maar die dinge wat ek verkeerd gedoen het nie? Kan U nie maar my skuld wegvat nie? Dit sal nie meer lank wees nie, dan lê ek in my graf. As U my soek, sal ek nie meer daar wees nie.”