hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 9 Die Boodskap (DB)

Jerusalem

1. Die hele Israel is geregistreer. Hulle name is in Die boek van die konings van Israel opgeskryf.Die mense van Juda is na Babel toe weggevoer omdat hulle ongelowig was.

2. Gewone Israeliete was die eerste inwoners wat ná die ballingskap weer in hulle stede op hulle eie grond gaan bly het. Saam met hulle het van die priesters, Leviete en tempelbediendes gekom.

3. Die mense wat in Jerusalem gaan bly het, was Judeërs, Benjaminiete, Efraimiete en Manassers.

4. Die Judeërs was: Utai, seun van Ammihud, seun van Omri, seun van Imri, seun van Bani; hy was ’n seun van Peres, die seun van Juda.

5. Uit die mense van Silo was daar Asaja, die oudste seun, en sy seuns.

6. Uit Serag se afstammelinge was daar Jeüel en sy stamgenote.Hulle was altesaam 690.

7. Die Benjaminiete was: Sallu, seun van Mesullam, seun van Hodauja, seun van Senua,

8. en Jibneja seun van Jerogam, Ela seun van Ussi, seun van Mikri, en Mesullam, seun van Sefatja, seun van Reüel, seun van Jibnija.

9. Saam met die res van hulle uitgebreide familie was hulle 956. Al hierdie manne was familiehoofde in hulle familie.

Die priesters en die Leviete in Jerusalem

10. Van die priesters was daar Jedaja, Jojarib, Jakin

11. en Asarja, seun van Gilkija, seun van Mesullam, seun van Sadok, seun van Merajot, seun van Agitub, die hoof van die tempel.

12. Verder was daar Adaja seun van Jerogam, seun van Pasgur, seun van Malkija; Masai seun van Adiël, seun van Jagsera, seun van Mesullam, seun van Mesillemot, seun van Immer.

13. Hulle stamgenote, hoofde van hulle families, was 1 760. Hulle was bekwame mense wat in die tempel gewerk het.

14. Van die Leviete was daar Semaja seun van Gassub, seun van Asrikam, seun van Gasabja (uit die Merarigeslag);

15. Bakbakkar, Geres, Galal, Mattanja seun van Miga, seun van Sikri, seun van Asaf;

16. Abda seun van Sammua, seun van Galal, seun van Jedutun; Berekja seun van Asa, seun van Elkana, wat in nedersettings van die Netofaners gewoon het.

Die poortwagte

17. Die poortwagte was Sallum, Akkub, Talmon, Agiman en hulle familie. Sallum was die hoof

18. en is nou nog die poortwag by die koningspoort aan die oostekant. Die familie was die poortwagte by die Leviete se kampe.

19. Sallum was die seun van Kore, seun van Abiasaf, seun van Korag. Die mense uit die Koragietefamilie was die drumpelwagte by die tentheiligdom. Dit is dieselfde werk wat hulle voorouers in die woestyn by die ingang tot die kamp van die volk van die Here gedoen het.

20. Vroeër was Pinehas, Eleasar se seun, hulle hoof en die Here was by hom.

21. Sagaria, Meselemja se seun, was ’n wag by die ingang van die tent van ontmoeting.

22. Daar is 212 mense as poortwagte gekies. Hulle name is volgens hulle woonplekke in die register neergeskryf. Dawid en Samuel, die siener, het hulle nog in hulle poste aangestel.

23. Hulle en hulle nageslag het by die poorte van die huis van die Here, by die tenthuis, waggestaan.

24. Die poortwagte het aan elke kant waggestaan: oos, wes, noord en suid.

25. Hulle familielede, wat in hulle eie dorpies gebly het, het volgens ’n vaste program, telkens vir sewe dae, met die werk kom help.

26. Die vier hoofwagte is gekies omdat hulle so betroubaar was. Hulle was Leviete en verantwoordelik vir die kamers en voorrade by die tempel.

27. Hulle het naby die tempel geslaap, want hulle moes die tempel oppas en elke oggend oopsluit.

28. Sommige deurwagte was verantwoordelik vir die offergereedskap. Hulle moes die regte hoeveelheid gereedskap voorsien en dit weer ontvang wanneer dit teruggebring is.

29. Party van hulle moes vir die ander gereedskap sorg wat in die heiligdom gebruik is, asook vir die meel, wyn, olie, wierook en speserye.

30. Die meng van speserysalf was die werk van sekere priesters.

31. Mattitja, ’n Leviet en die oudste seun van Sallum, die Koragiet, was verantwoordelik vir die bakkery.

32. Van hulle kollegas uit die Kehatfamilie moes elke sabbat die offerbrood gereedmaak.

33. Daar was ook musiekleiers, almal hoofde van Levitiese families, wat in kamers by die tempel gebly het. Hulle was vrygestel van ander take, want hulle was voltyds besig met hulle verantwoordelikhede.

34. Al die mense het in Jerusalem gewoon. Hulle was hoofde van Levitiese families en leiers op grond van hulle afkoms.

Saul, Dawid se voorganger: Koning Saul se afkoms

35. Jeïel, die stigter van Gibeon, het in Gibeon gewoon. Sy vrou was Maäka.

36. Hulle oudste seun was Abdon en die ander was Sur, Kis, Baäl, Ner, Nadab,

37. Gedor, Agjo, Seker en Miklot.

38. Miklot was Sima se pa.Hulle het naby hulle stamgenote in Jerusalem gewoon.

39. Ner was Kis se pa en Kis was Saul se pa. Saul was Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl se pa.

40. Jonatan se seun was Meribbaäl en Meribbaäl was Miga se pa.

41. Miga se seuns was Piton, Melek, Tagrea

42. en Agas. Agas was Jehoadda se pa. Jehoadda was Alemet, Asmawet en Simri se pa. Simri was Mosa se pa

43. en Mosa was Bina se pa. Bina se seun was Refaja, sy seun was Elasa en sy seun was Asel.

44. Asel het ses seuns gehad: Asrikam, Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan. Hulle was Asel se seuns.