hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7 Die Boodskap (DB)

Die noordelike stamme: Issaskar

1. Issaskar se vier seuns was Tola, Puwwa, Jasub en Simron.

2. Tola se seuns was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Elkeen van hulle was ’n familiehoof van afkoms en hulle was dapper soldate. Hulle was in Dawid se tyd 22 600 mense sterk.

3. Ussi se seun was Seragja en Seragja se seuns was Migael, Obadja, Joël en Jissija. Al vyf van hulle was familiehoofde.

4. Hulle was verantwoordelik vir gevegskompanies met ’n totaal van 36 000 soldate, want hulle het baie vroue en kinders gehad.

5. Hulle stamgenote in die res van die Issaskarstam was 87 000 soldate, wat almal geregistreer was.

Benjamin

6. Benjamin het drie seuns gehad: Bela, Beker en Jediael.

7. Bela se vyf seuns was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag is 22 034 soldate geregistreer.

8. Beker se seuns was Semira, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeremot, Abia, Anatot en Alemet.

9. Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag is 20 200 soldate geregistreer.

10. Jediael se seun was Bilhan en sy seuns Jeüs, Benjamin, Ehud, Kenaäna, Setan, Tarsis en Agisagar.

11. Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag was daar 17 200 wat vir militêre diens opgeroep kon word.

Naftali

12. Suppim en Guppim was Ir se seuns en Gussim was Ager s’n.

13. Naftali se seuns was Jagseël, Guni, Jeser en Sillem. Hulle was afstammelinge van Bilha.

Manasse

14. Manasse se kinders by sy Aramese houvrou was Asriël en Makir, Gilead se pa.

15. Makir is met ’n vrou uit Guppim en Suppim getroud en sy suster was Maäka. Een van sy afstammelinge was Selofgad, maar hy het net dogters gehad.

16. Makir se vrou Maäka was Peres se ma. Peres se broer was Seres. Seres se seuns was Ulam en Rekem.

17. Ulam se seun was Bedan. Dit was die nageslag van Gilead, die seun van Makir, die seun van Manasse.

18. Gilead se suster Moleket was Ishod, Abiëser en Magla se ma.

19. Semida se seuns was Agjan, Sekem, Likgi en Aniam.

Efraim

20. Efraim se seun was Sutelag, sy seun Bered, sy seun Tagat, sy seun Elada, sy seun Tagat,

21. sy seun Sabad en sy seun Sutelag. Hy het nog twee seuns, Eser en Elad, gehad. Hulle is egter doodgemaak toe hulle van die oorspronklike inwoners van Gat se vee probeer steel het.

22. Efraim het lank oor die twee getreur, totdat sy broers hom kom troos het.

23. Daarna het hy en sy vrou weer ’n seun gehad. Hy het hom Beria genoem, omdat hy gebore is in ’n tyd toe teëspoed hulle huis getref het.

24. Efraim se dogter, Seëra, het die dorpe Bet-Goron-Onder, Bet-Goron-Bo en Ussen-Seëra gebou.

25. Beria se seuns was Refag en Resef. Resef se seun was Telag en sy seun Tagan.

26. Sy seun was Ladan, sy seun Ammihud, sy seun Elisama,

27. sy seun Nun en sy seun Josua.

28. Efraim se nageslag het ’n gebied bewoon wat Bet-El in die suide, Naära in die ooste, Geser in die weste, Sigem in die noorde, tot by Aja, elkeen met hulle dorpies, ingesluit het.

Manasse se stede

29. Manasse se nageslag het Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor, elkeen met sy dorpies, besit. Dit is plekke waar Josef, die seun van Israel, se nageslag gewoon het.

Aser

30. Aser se seuns was Jimna, Jiswa, Jiswi en Beria. Hulle suster was Serag.

31. Beria se seuns was Geber en Malkiël, wat Birsajit se pa was.

32. Geber was Jaflet, Semer, Gotam en hulle suster, Sua, se pa.

33. Jaflet se seuns was Pasak, Bimhal en Aswat.

34. Semer se seuns was Agi, Roga, Gubba en Aram.

35. Gotam, sy broer, se seuns was Sofag, Jimna, Seles en Amal.

36. Sofag se seuns was Suag, Garnefer, Sual, Beri, Jimra,

37. Beser, Hod, Samma, Silsa, Jitran en Beëra.

38. Jitran se seuns was Jefunne, Pispa en Ara.

39. Ulla se seuns was Arag, Ganniël en Risja.

40. Elkeen van die afstammelinge van Aser was familiehoofde. Hulle was almal leiers en dapper soldate. Uit hulle nageslag is 26 000 soldate geregistreer.