hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 8 Die Boodskap (DB)

Benjamin: Die Benjaminfamilie

1. Benjamin se seuns was in volgorde: Bela, sy oudste, en na hom Asbel, Agrag,

2. Noga en Rafa.

3. Bela se seuns was Addar, Gera, Abihud,

4. Abisua, Naäman, Agoag,

5. Gera, Sefufan en Guram.

In Geba

6. Hier is ’n lys van Egud se seuns. Hulle was die familiehoofde van die mense in Geba, wat na Managat toe weggeneem is.

7. Hulle was Naäman, Agija en Gera (hy het hulle weggeneem), en hy was Ussa en Agigud se pa.

In Moab

8. Nadat Sagarajim van sy vroue Gusim en Baära geskei is, het hy in Moab ’n paar kinders gehad.

9. By Godes, sy nuwe vrou, het hy vir Jobab, Sibja, Mesa, Malkam,

10. Jeüs, Sakeja en Mirma gehad. Hulle was almal Sagarajim se seuns en hulle het familiehoofde geword.

In Ono en Lod

11. Sagarajim en Gusim het vroeër reeds vir Abitub en Elpaäl gehad.

12. Elpaäl se seuns was Eber, Misam en Semed (wat Ono en Lod met hulle omliggende dorpies gebou het).

In Ajalon

13. Beria en Sema was familiehoofde van die inwoners van Ajalon. Dit was hulle wat die mense van Gat op die vlug gejaag het.

In Jerusalem

14. Agjo, Sasak, Jeremot,

15. Sebadja, Arad, Eder,

16. Migael, Jispa en Joga was Beria se seuns.

17. Sebadja, Mesullam, Giski, Geber,

18. Jismerai, Jislia en Jobab was Elpaäl se seuns.

19. Jakim, Sikri, Sabdi,

20. Eliënai, Silletai, Eliël,

21. Adaja, Beraja en Simrat was Simi se seuns.

22. Jispan, Eber, Eliël,

23. Abdon, Sikri, Ganan,

24. Gananja, Elam, Antotija,

25. Jifdeja en Penuel was Sasak se seuns.

26. Samserai, Segarja, Atalia,

27. Jaäresja, Elia en Sikri was Jerogam se seuns.

28. Hulle was almal as familiehoofde volgens hulle afkoms geregistreer. Hulle was leiers en het in Jerusalem gewoon.

In Gibeon

29. Jeïel, die stigter van Gibeon, het in Gibeon gewoon. Sy vrou was Maäka.

30. Sy oudste seun was Abdon, en die ander was Sur, Kis, Baäl, Nadab,

31. Gedor, Agjo en Seker.

32. Miklot was Sima se pa.Hulle het naby hulle stamgenote in Jerusalem gewoon.

Saul se familie

33. Ner was Kis se pa, Kis was Saul se pa en Saul was Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl se pa.

34. Jonatan was Meribbaäl se pa, Meribbaäl was Miga se pa

35. en Miga was Piton, Melek, Tagrea en Agas se pa.

36. Agas was Jehoadda se pa en Jehoadda was Alemet, Asmawet en Simri se pa.Simri was Mosa se pa

37. en Mosa was Bina se pa, Bina was Rafa se pa, Rafa was Elasa se pa, en Elasa was Asel se pa.

38. Asel het ses seuns gehad. Hulle was Asrikam, die oudste, en Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan. Hulle was Asel se seuns.

39. Asel se broer Esek se seuns was Ulam, die oudste, en na hom Jeüs en Elifelet.

40. Ulam se seuns was goeie soldate, spesialisboogskutters.Hulle het altesaam 150 kinders en kleinkinders gehad.Hulle was almal Benjamin se nageslag.