hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6 Die Boodskap (DB)

Levi: Die familielyn van die hoëpriesters

1. Levi se seuns was Gerson, Kehat en Merari.

2. Kehat se seuns was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.

3. Amram se kinders was Aäron, Moses en Mirjam. Aäron se seuns was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.

4. Die familielyn van Eleasar loop dan in volgorde oor Pinehas, Abisua,

5. Bukki, Ussi,

6. Seragja, Merajot,

7. Amarja, Agitub,

8. Sadok, Agimaäs,

9. Asarja en Joganan

10. tot by Asarja, wat priester was in die tempel wat Salomo in Jerusalem gebou het.

11. Van Asarja af loop die geslag oor Amarja, Agitub,

12. Sadok, Sallum,

13. Gilkija, Asarja

14. en Seraja tot by Josadak.

15. Josadak is saam toe die Here Juda en Jerusalem deur Nebukadnesar laat wegvoer het.

Die Levitiese families

16. Levi se seuns was Gerson, Kehat en Merari.

17. Gerson se seuns was Libni en Simi.

18. Kehat se seuns was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.

19. Merari se seuns was Magli en Musi.Hier volg die Levigeslagte volgens hulle familiegroepe.

20. Gerson se afstammelinge was Libni, Jagat, Simma,

21. Joag, Iddo, Serag en Jeatrai.

22. Kehat se afstammelinge was Amminadab, Korag, Assir,

23. Elkana, Abiasaf, Assir,

24. Tagat, Uriël, Ussia en Saul.

25. Elkana se afstammelinge was Amasai, Agimot,

26. Elkana, Suf, Nagat,

27. Eliab, Jerogam en Elkana.

28. Samuel se seuns was Joël, die oudste, en Abia, die tweede.

29. Merari se afstammelinge was Magli, Libni, Simi, Ussa,

30. Sima, Gaggija en Asaja.

Die tempelmusikante

31. Dawid het die volgende mense aangestel om die sang in die huis van die Here te lei sodra die verbondsark daarin neergesit is.

32. Voordat Salomo die tempel in Jerusalem gebou het, moes hulle die sang lei voor die heilige plek, die tent waar die Here sy volk ontmoet het. Hulle het volgens ’n vaste rooster beurte gemaak om die sang te lei.

33. Die tempelmusikante en hulle seuns was: Heman die tempelsanger (uit die Kehatgroep) se familielyn is teruggevoer deur Joël, sy pa, na Samuel,

34. Elkana, Jerogam, Eliël, Togu,

35. Suf, Elkana, Magat, Amasai,

36. Elkana, Joël, Asarja, Sefanja,

37. Tagat, Assir, Abiasaf, Korag,

38. Jishar en Kehat tot by Levi, Israel se seun.

39. Heman se eerste assistent was Asaf. Hy het regs van Heman gestaan. Asaf se familielyn tot by Levi het só gelyk: oor Berekja, Sima,

40. Migael, Maäseja, Malkija,

41. Etni, Serag, Adaja,

42. Etan, Simma, Simi,

43. Jagat tot by Gerson, Levi se seun.

44. Heman se tweede assistent was Etan (uit die Merarigroep). Hy het links van Heman-hulle gestaan. Etan se familielyn het teruggaan oor Kusaja, Abdi, Malluk,

45. Gasabja, Amasia, Gilkija,

46. Amsi, Bani, Semer,

47. Magli en Musi tot by Merari, Levi se seun.

Die ander Leviete

48. Die tempelmusikante se familielede, wat ook Leviete was, is aangestel om verskeie ander take by die heilige plek, die huis van God, te verrig.

49. Slegs Aäron en sy seuns het egter as priesters opgetree. Net hulle kon diere by die altaar offer waar diere verbrand is en by die altaar waar wierook gebrand is. Hulle het ook die take verrig wat met die Allerheiligste deel van die tempel te doen gehad het. Hulle het die verhouding tussen Israel en God herstel volgens al die reëls wat Moses, God se werker, gemaak het.

Die familielyn van die hoëpriesters

50. Die nageslag van Aäron was Eleasar, Pinehas, Abisua,

51. Bukki, Ussi, Seragja,

52. Merajot, Amarja, Agitub,

53. Sadok en Agimaäs.

Die dorpe vir Aäron se nageslag

54. Hier is ’n verslag van die dorpe en gebiede wat volgens die lot aangewys is vir die nageslag van Aäron, uit die Kehatgroep.

55. Hulle het Hebron in Juda gekry, met die weivelde rondom die dorp,

56. maar die landerye en oop veld in die omgewing is aan Kaleb, Jefunne se seun, gegee.

57. Die volgende dorpe met hulle weivelde is aan Aäron se nageslag gegee: die asielstad Hebron, wat reeds genoem is, en Libna, Jattir, Estemoa,

58. Golon, Debir,

59. Asan, Jutta en Bet-Semes,

60. asook Gibeon, Geba, Alemet en Anatot, met hulle weivelde in die Benjamingebied.Hulle het altesaam dertien stede vir Aäron se nageslag ontvang.

Die dorpe vir die ander Leviete

61. Vir die res van Kehat se nageslag het hulle met die lot tien stede in die gebied van die halwe Manassestam aangewys.

62. Vir Gerson se nageslag het hulle in die stamgebiede van Issaskar, Aser en Naftali en in die stamgebied van Manasse, in Basan, dertien stede aangewys.

63. Vir Merari se nageslag het hulle met die lot twaalf stede in die stamgebiede van Ruben, Gad en Sebulon aangewys.

64. Die Israeliete het die stede met hulle weivelde vir die Leviete gegee.

65. Die stede in die stamgebiede van Juda, Simeon en Benjamin, wat reeds genoem is, is ook met die lot aangewys.

66. Vir Kehat se nageslag is stede in die stamgebied van Efraim aangewys.

67. Hulle het die volgende stede saam met hulle weivelde gekry: Sigem, ’n asielstad in die Efraimberge, asook Geser,

68. Jokmeam, Bet-Goron,

69. Ajalon en Gat-Rimmon.

70. Die res van Kehat se nageslag het Aner en Jibleam, met hulle weivelde, gekry. Dit was in die stamgebied van die halwe Manassestam.

71. Vir Gerson se nageslag is stede in vier stamgebiede aangewys: in die stamgebied van die halwe Manassestam, Golan in Basan en Astarot, albei met hulle weivelde;

72. in die stamgebied van Issaskar, Kedes, Daberat,

73. Ramot en En-Gannim met hulle weivelde;

74. in die stamgebied van Aser, Misal, Abdon,

75. Gukok en Regob met hulle weivelde;

76. in die stamgebied van Naftali, Kedes in Galilea, Gammon en Kirjatajim met hulle weivelde.

77. Die res van Merari se nageslag het op verskillende plekke stede gekry: in die stamgebied van Sebulon, Rimmon en Tabor met hulle weivelde;

78. oorkant Jerigo, oos van die Jordaan, in die stamgebied van Ruben, Beser in die woestyn en Jahas,

79. Kedemot en Mefaät met hulle weivelde;

80. in die stamgebied van Gad, Ramot in Gilead, Maganajim,

81. Gesbon en Jaser met hulle weivelde.