hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 1 Die Boodskap (DB)

1. Adam, Set, Enos,

2. Kenan, Mahalalel, Jered,

3. Henog, Metusalag, Lameg,

4. Noag. Noag se seuns was Sem, Gam en Jafet.

Jafet

5. Die nageslag van Jafet: Gomer, Magog, Madai, Jawan, Tubal, Mesek en Tiras.

6. Die nageslag van Gomer: Askenas, Rifat en Togarma.

7. Die nageslag van Jawan: Elisa, Tarsis, Kittim en die Rodaners.

Gam

8. Die nageslag van Gam: Kus, Misraim, Put en Kanaän.

9. Die nageslag van Kus: Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama: Skeba en Dedan.

10. Kus was ook Nimrod se pa. Hy was wêreldwyd bekend as ’n heldhaftige vegter.

11. Uit Misraim het gekom die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftugiete,

12. Patrosane en die Kaslugiete, uit wie die Filistyne kom, en die Kaftoriete.

13. Uit Kanaän het gekom Sidon, sy oudste seun, en verder Het,

14. die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete,

15. Hewiete, Erekiete, Siniete,

16. Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat.

Sem

17. Die nageslag van Sem: Elam, Assirië, Arpaksad, Lud, Aram, Us, Gul, Geter en Mesek.

18. Uit Arpaksad het Selag gekom, en uit Selag Heber.

19. Vir Heber is twee seuns gebore. Die een was Peleg, want die land is in sy tyd verdeel. Sy broer was Joktan.

20. Uit Joktan het Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,

21. Hadoram, Usal, Dikla,

22. Obal, Abimael, Skeba,

23. Ofir, Gawila en Jobab gekom. Hulle was almal seuns van Joktan.

Van Sem tot Abraham

24. Sem, Arpaksad, Selag,

25. Heber, Peleg, Reü,

26. Serug, Nahor, Tera en

27. Abram, oftewel Abraham.

28. Abraham se seuns was Isak en Ismael.

Ismael

29. Ismael se nakomelinge was Nebajot, die oudste, en ook Kedar, Adbeël, Mibsam,

30. Misma, Duma, Massa, Gadad, Tema,

31. Jetur, Nafis en Kedma. Hulle was Ismael se seuns.

Ketura

32. Abraham se byvrou, Ketura, was Simran, Joksan, Medan, Midian, Jisbak en Suag se ma. Joksan se seuns was Skeba en Dedan.

33. Midian se seuns was Efa, Efer, Ganok, Abida en Eldaä. Hulle was almal uit Ketura se nageslag.

Isak en Esau

34. Abraham se ander seun was Isak. Isak se seuns was Esau en Israel.

35. Esau se seuns was Elifas, Reüel, Jeüs, Jalam en Korag.

36. Elifas se seuns was Teman, Omar, Sefo, Gatam, Kenas, Timna en Amalek.

37. Reüel se seuns was Nagat, Serag, Samma en Missa.

Seïr

38. Seïr se seuns was Lotan, Sobal, Sibon, Ana, Dison, Eser en Disan.

39. Lotan se seuns was Gori en Hemam. Timna was Lotan se suster.

40. Sobal se seuns was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam. Sibon se seuns was Aja en Ana.

41. Ana se seun was Disan. Disan se seuns was Gemdan, Esban, Jitran en Keran.

42. Eser se seuns was Bilhan, Saäwan en Akan. Dison se seuns was Us en Aran.

Die konings van Edom

43. Die volgende konings het in Edom regeer voordat die Israeliete ’n koning gehad het:Bela, seun van Beor. Sy stad se naam was Dinhaba.

44. Na Bela se dood het Jobab, seun van Serag, uit Bosra, hom opgevolg.

45. Na Jobab se dood het Gusam, uit die land van die Temaniete, hom opgevolg.

46. Na Gusam se dood het Hadad, seun van Bedad, hom opgevolg. Hy het die Midianiete in die gebied van Moab verslaan. Sy stad se naam was Awit.

47. Na Hadad se dood het Samla van Masreka hom opgevolg.

48. Na Samla se dood het Saul van Regobot-aan-die-Rivier hom opgevolg.

49. Na Saul se dood het Baäl-Ganan, seun van Akbor, hom opgevolg.

50. Na Baäl-Ganan se dood het Hadar hom opgevolg. Sy stad was Paü en sy vrou was Mehetabel, dogter van Matred en ’n kleindogter van Me-Sahab.

Die stamhoofde van Edom

51. Na Hadar se dood het daar stamhoofde in Edom regeer: Timna, Alwa, Jetet,

52. Oholibama, Ela, Pinon,

53. Kenas, Teman, Mibsar,

54. Magdiël en Iram. Hulle was die stamhoofde van Edom.