hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 24 Die Boodskap (DB)

Die indeling van die priesters

1. Die afstammelinge van Aäron, die priesters, is ook in groepe vir hulle diens ingedeel. Die seuns van Aäron was: Nadab en Abihu, Eleasar en Itamar.

2. Nadab en Abihu is egter voor hulle pa dood en hulle het nie seuns gehad nie. Daarom het net Eleasar en Itamar die priesterskap gekry.

3. Dawid het hulle met die hulp van Sadok, uit Eleasar se nageslag, en Agimelek, uit Itamar se nageslag, in groepe ingedeel om hulle werk te doen.

4. Eleasar se nageslag is in sestien familiegroepe ingedeel en Itamar s’n in agt, omdat daar meer familiehoofde in Eleasar se nageslag was.

5. Hulle het die groepe deur loting ingedeel, sonder bevoordeling van enige groep, sodat die mense wat God in die heiligdom moes dien, uit sowel die Eleasargeslag as uit die Itamargeslag gekom het.

6. Die sekretaris was Semaja, ’n Leviet, Netanel se seun. Hy het die name in die teenwoordigheid van die koning, die amptenare, die priester Sadok, Agimelek seun van Abjatar en die familiehoofde van die priesters en die Leviete opgeskryf. Daar is elke keer twee families vir Eleasar en een vir Itamar geneem.

7. Die eerste lot het op Jojarib geval, die tweede lot het op Jedaja geval,

8. die derde op Garim, die vierde op Seorim,

9. die vyfde op Malkija, die sesde op Mijamin,

10. die sewende op Kos, die agtste op Abia,

11. die negende op Jesua, die tiende op Sekanja,

12. die elfde op Eljasib, die twaalfde op Jakim,

13. die dertiende op Guppa, die veertiende op Jesebab,

14. die vyftiende op Bilga, die sestiende op Immer,

15. die sewentiende op Gesir, die agtiende op Pisses,

16. die negentiende op Petagja, die twintigste op Esegiël,

17. die 21ste op Jakin, die 22ste op Gamul,

18. die 23ste op Delaja, die 24ste op Maäsja.

19. Dit was die groepe waarvolgens hulle hulle take in die huis van die Here kom uitvoer het. Dit moes gebeur volgens die reëls wat Aäron, hulle voorvader, neergelê het in gehoorsaamheid aan die opdragte van Jahwe, die God van Israel.

Die indeling van die ander Leviete

20. Hier is ’n lys van die familiehoofde van die ander Leviete: Subael uit die nageslag van Amram, Jegdeja uit die nageslag van Subael,

21. Jissija uit die nageslag van Regabja,

22. Selomit uit die nageslag van Jishar, Jagat uit die nageslag van Selomit,

23. Jerija, Amarja, Jagasiël en Jekamam, al vier uit die nageslag van Hebron,

24. Miga uit die nageslag van Ussiël, Samir uit die nageslag van Miga,

25. Sagaria uit die nageslag van Jissija, Miga se broer.

26. Magli en Musi was Merari se nakomelinge uit die nageslag van Jaäsija.

27. Soham, Sakkur en Ibri was Merari se nakomelinge uit die nageslag van Jaäsija.

28. Uit Magli se nageslag was daar Eleasar, maar hy het nie seuns gehad nie.

29. Jeragmeël uit die nageslag van Kis.

30. Die seuns van Musi was Magli, Eder en Jerimot.Hierdie is die nageslag van Levi.

31. Net soos die nageslag van Aäron, het hulle ook lootjies getrek vir hulle take, sonder dat senioriteit in ag geneem is. Dit het voor koning Dawid, Sadok, Agimelek en die familiehoofde van die priesters en die Leviete gebeur.