hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 26 Die Boodskap (DB)

Die poortwagte

1. Hier volg ’n lys van almal wat poortwagte was.Uit die Koragfamilie was daar Meselemja, Kore se seun uit die geslag van Asaf.

2. Meselemja se oudste seun was Sagaria, die tweede Jediael, die derde Sebadja, die vierde Jatniël,

3. die vyfde Elam, die sesde Joganan en die sewende Eljehoënai.

4. Obed-Edom se oudste seun was Semaja, die tweede Josabad, die derde Joag, die vierde Sakar, die vyfde Netanel,

5. die sesde Ammiël, die sewende Issaskar en die agtste Peülletai. God het vir Obed-Edom werklik geseën.

6. Sy seun Semaja het seuns gehad wat hoë posisies in hulle familie beklee het, want hulle was begaafde mense.

7. Die seuns van Semaja was Otni, Refael, Obed, Elsabad, en sy broers was Elihu en Semakja, knap manne.

8. Al hierdie nakomelinge van Obed-Edom, asook hulle seuns en die res van die familie, was begaafde mans wat goed was in hulle werk. Obed-Edom se groep was 62.

9. Meselemja se agtien seuns en broers was ook begaafde mense.

10. Gosa, van die Merarigroep, het sy seun Simri as leier aangewys al was hy nie die oudste nie.

11. Van sy ander kinders was Gilkija, die tweede, Tebalja, die derde en Sagaria, die vierde. Gosa het dertien seuns en broers gehad.

12. Hierdie afdelings poortwagte is na hulle leiers vernoem. Net soos die ander Levitiese diensgroepe het hulle ook by die huis van die Here gewerk.

13. Hulle diensbeurte by die verskillende poorte is deur die lot bepaal, ongeag of die familie groot of klein was.

14. Die lot vir die oospoort het op Meselemja geval. Die lot vir die noordpoort het op sy seun Sagaria, ’n baie verstandige raadgewer, geval.

15. Die suidpoort is toegewys aan Obed-Edom, en die voorraadgebou aan sy seuns.

Die leiers van die twaalf stamme

16. Die wespoort is aan Suppim en Gosa toegewys, asook die Salleketpoort op die boonste pad.Die wagbeurte is só ingedeel dat daar

17. ses Leviete by die oospoort was, vier elke dag by die noordpoort, vier elke dag by die suidpoort en elke keer twee by die voorrade.

18. Ses Leviete is elke dag by die wespoort geplaas: vier langs die pad en twee by die plein.

19. Dit was die poortwaggroepe. Hulle was uit die Korag- en die Merarifamilie.

Die toesighouers oor die

20. Ander Leviete onder leiding van Agija was in beheer van die skatkamers van die tempel en die stoorkamers.

21. Uit die nageslag van Ladan, ’n lid van die Gersonfamilie, was Jegiël die leier.

22. Jegiël se seuns was Setam en sy broer Joël. Dit was hulle taak om die skatte in die huis van die Here op te pas.

23. Hier volg ’n lys van die mense wat van Amram, Jishar, Hebron en Ussiël afgestam het.

24. Die Amramgroep: Subael was ’n afstammeling van Moses se seun Gersom. Subael was die hoof oor die tempelskatte.

25. Sy kollegas het hulle afkoms teruggevoer na Eliëser deur Regabja, Jesaja, Joram, Sikri en Selomit.

26. Hierdie Selomit en sy kollegas was die amptenare wat toesig gehou het oor die stoorkamers waarin al die goed gebêre is wat deur koning Dawid, die familiehoofde, die hoër en laer offisiere en die leërhoofde vir die Here gegee is.

27. Hulle het ’n deel van hulle oorlogsbuit gegee om die huis van die Here te help onderhou.

28. Selomit-hulle het beheer gehad oor alles wat Samuel, die siener, Saul seun van Kis, Abner seun van Ner en Joab seun van Seruja, aan die Here gewy het en oor alle ander items wat gewy is.

29. Die Jishargroep, Kenanja en sy familie, het allerlei soorte werk buite die tempel gedoen, soos om die orde te handhaaf en regters te wees.

30. Die Hebrongroep, Gasabja en 1 700 van sy mense, is wes van die Jordaanrivier verantwoordelik gemaak vir alles wat Israel s’n was. Hulle moes sorg vir al die dinge van die Here en vir die koninklike diens.

31. Dan was daar ook Jerija, die hoof van die Hebrongroep. In die 40ste jaar van Dawid se regering is ’n opname van die Hebrongroep gemaak. Daar is toe in Jaser wat in Gilead lê, uiters bekwame mans gevind.

32. Daar was 2 700 bekwame mans tussen Jerija se mense. Hulle was almal familiehoofde. Koning Dawid het hulle aangestel oor die stamme Ruben en Gad en oor die halwe Manassestam, vir alle sake rakende die diens van God en die koning.