hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 3 Die Boodskap (DB)

Die familie van Dawid:

1. Die volgende seuns van Dawid is gebore toe hy nog in Hebron gewoon het: die oudste was Amnon, wie se ma Aginoam van Jisreël was; die tweede was Daniël, wie se ma Abigajil van Karmel was;

2. die derde was Absalom, wie se ma Maäka, ’n dogter van koning Talmai van Gesur was; die vierde was Adonia, wie se ma Gaggit was;

3. die vyfde was Sefatja, wie se ma Abital was; die sesde was Jitream, wie se ma Egla was.

4. Dié ses is in Hebron gebore, terwyl Dawid vir sewe jaar en ses maande daar koning was. Dawid is toe na Jerusalem, waar hy 33 jaar lank koning was.

5. Die volgende seuns is in Jerusalem gebore: Batseba se vier seuns Sima, Sobab, Natan en Salomo,

6. asook ’n verdere nege seuns: Jibgar, Elisua, Elpelet,

7. Noga, Nefeg, Jafia,

8. Elisama, Eljada en Elifelet.

9. Dit was al Dawid se seuns behalwe dié seuns wat hy by sy byvroue gehad het.Dawid het ook ’n dogter met die naam Tamar gehad.

Die konings van Juda

10. Salomo se nageslag was Rehabeam, sy seun, en dan in volgorde Abia, Asa, Josafat,

11. Joram, Ahasia, Joas,

12. Amasia, Asarja, Jotam,

13. Agas, Hiskia, Manasse,

14. Amon en Josia.

15. Josia se seuns was: Joganan, die oudste, Jojakim tweede, Sedekia derde en Sallum vierde.

16. Jojakim se seuns was Jojagin en Sedekia.

Jojagin se nageslag

17. Jojagin, wat as gevangene na Babel weggevoer is, se seuns was Sealtiël,

18. Malkiram, Pedaja, Senassar, Jekamja, Hosama en Nedabja.

19. Pedaja se seuns was Serubbabel en Simi. Serubbabel se seuns was Mesullam en Gananja en hulle het ’n suster Selomit gehad,

20. en dan verder die vyf seuns Gasuba, Ohel, Berekja, Gasadja en Jusab-Gesed.

21. Gananja se nageslag was Pelatja, sy seun Jesaja, sy seun Refaja, sy seun Arnan, sy seun Obadja en sy seun Sekanja.

22. Sekanja se ses seuns was Semaja, Gattus, Jigal, Bariag, Nearja en Safat.

23. Nearja het drie seuns gehad: Eljoënai, Hiskia en Asrikam.

24. Eljoënai se sewe seuns was Hodauja, Eljasib, Pelaja, Akkub, Joganan, Delaja en Anani.