hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 19 Bybel vir Almal (ABA)

Job sê sy vriende beledig hom

1. Job het weer gepraat. Hy het gesê:

2. “Hoe lank wil julle my nog laat seerkry?Hoe lank wil julle aanhou om dinge te sêwat my stukkend trap?

3. Julle het my tien maal beledig.Is julle nie skaam omdat jullemy so verneder nie?

4. En ook, as ek verkeerd gedoen het,dan moet julle dit los,dit is nie julle probleem nie.

5. Julle dink dat julle beter is as ek,en julle sê dat ek swaarkry omdat ekverkeerd gedoen het,

6. maar julle moet weet dat dit God iswat my laat swaarkry.Hy het my in sy vangnet gevang.

7. Ek roep en sê Hy maak my seer,maar Hy antwoord my nie.Ek skree en vra dat Hy my moet help,maar Hy doen nie reg aan my nie.

8. Hy het my pad toegemaak,ek kan nie verbygaan nie,Hy laat my in die donker loop.

9. Hy het my verneder,niemand respekteer my nie.

10. Hy laat my swaarkry,Hy breek my af van al die kantesoos ’n mens ’n muur afbreek,ek moet sterf.Ek is soos ’n boom wanneer iemanddit uit die grond getrek het,ek kan nie meer hoop dat dit betersal gaan nie.

11. God is baie kwaad vir my,Hy maak of ek sy vyand is.

12. Sy soldate het almal gekomom my aan te val,hulle het hulle tente opgeslaanrondom my tent.

13. God het my familie weggevat van my.Mense wat ek geken het,maak of hulle my nie ken nie.

14. Mense wat naby my was, het my gelos,mense wat my geken het, het my vergeet.

15. Mense wat by my gewoon het,en my slavinnemaak of hulle my nie ken nie,ek is vir hulle soos iemand van ’n ander land.

16. Wanneer ek my slaaf roep,dan antwoord hy my nie,ek moet hom soebat om iets te doen.

17. My vrou hou nie van my asem nie,my eie kinders sê dat ek stink.

18. Jong kinders respekteer my nie,hulle spot my as ek wil opstaan.

19. My beste vriende wil nie naby my kom nie,ek was lief vir hulle, maar hulle is nou téén my.

20. Ek is baie maer, ek is net vel en been,ek lewe nog, maar my lewe beteken niks.

21. Julle wat my vriende is,julle moet jammer wees vir my.Julle moet jammer wees vir my,want die hand van God het my gestraf.

22. Hoekom hou julle aan om my te jaagsoos God dit doen?Julle sien dat ek sleg lyk,is julle nie nou tevrede nie?”

Job sê hy weet dat sy Losser lewe

23. “Ek wens iemand wil opskryf wat ek sê,ek wens iemand skryf dit in ’n boek.

24. Ek wens iemand skryf dit met lood op klipsodat dit altyd daar is.

25. Ek weet een ding is seker: My Losser leween Hy sal wen op hierdie aarde.

26. Ek het nie meer vel oor my liggaam nie,maar ek sal vir God sien terwyl ek nog lewe.

27. Ek self sal Hom sien,ek, en niemand anders nie, sal Hom sien,dit wil ek baie graag doen.

28. Julle sê dat julle my nog meer wil beskuldigomdat julle dink alles is my eie skuld,

29. maar dan moet julle oppas vir die swaard,God sal mense straf wat verkeerd doen.Julle sal weet dat Hy die Regter is.”