hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 18 Bybel vir Almal (ABA)

Bildad praat weer met Job

1. Bildad van die land Suag het weer gepraat. Hy het gesê:

2. “Hoe lank wil julle aanhou praat?Julle moet eers goed dink en dánmoet julle praat.

3. Hoekom hou Job aan om te maakof ons diere is?En hoekom dink hy dat ons dom is?

4. Job, jy is so kwaad dat jy jouselfwil stukkend skeur.Moet al die mense op die aarde verdwyn?Moet ’n rots wegskuif uit sy pleksodat jy tevrede kan wees?

5. Dit ís waar,die mens wat verkeerd doen, sterf,ja, sy lig gaan uit, sy vuur hou nie aanom te brand nie.

6. Dit word donker in sy tent, sy lamp gaan dood.

7. Die treë wat hy loop, was voorheen lank,maar dit word nou korter,hy besluit self wat hy wil doen, en daarom val hy.

8. Sy voete bring hom in ’n vangnet,hy loop reguit in die net in.

9. Die net vang hom aan sy voet,dit gryp hom vas.

10. Hy sien nie die tou voor hom nie,hy sien nie die vangstrik op sy pad nie.

11. Daar is baie dinge wat hom laat skrik,dinge wat hom na al die kante toe jaag.

12. Dit gaan gou sleg met hom,sy probleme is altyd naby.

13. Siekte vreet sy vel weg,sy vingers, sy arms, sy tone en sy benesterf en val af.

14. Hy dink dat hy veilig is in sy tent,maar hy moet daar weggaan,almal is bang vir die plekwaarnatoe hy gaan.

15. Niks bly oor in sy tent nie,mense gooi swael oor sy woonpleken hulle steek dit aan die brand.

16. Hy is soos ’n boomwanneer die boom se wortelsdroog word en sy blare verlep.

17. Niemand sal onthoudat daar so ’n mens was nie,die mense op die straatsal nie sy naam ken nie.

18. Mense jaag hom weg van die ligna die donker,hulle jaag hom weg uit die wêreld.

19. Hy sal nie ’n nageslag hê nie,niemand sal aanhou lewewaar hy gewoon het nie.

20. Al die mense van al die plekke salbang word wanneer hulle sienwat met hom gebeur.

21. Ja, so sal dit gaan met die woonplekvan ’n slegte mens,dit is wat sal gebeur met ’n persoonwat nie vir God wil ken nie.”