hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 17 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek is naby die dood,my lewe is verby,die graf wag vir my.

2. Ja, almal spot my,ek sien dat almal téén my is.”

Job sê God moet borg staan vir hom

3. “God, U moet asseblief borg staan vir my,niemand anders sal dit doen nie.

4. U keer sodat my vriendenie kan verstaan nie,daarom moet U hulle nie laat wen nie.

5. As iemand sy vriende verraai,dan sal sy kinders swaarkry.”

Job sê hy kry baie swaar

6. “Mense gebruik my naamwanneer hulle mekaar wil verneder,hulle spoeg in my gesig.

7. Ek kry so swaar dat ek ampernie meer kan sien nie,my liggaam is soos ’n skaduwee.

8. Eerlike mense skrik wanneer hullemy sien, onskuldige mense word opstandigteen mense wat nie vir God wil dien nie.

9. Die mense wat reg lewe,hou aan om reg te lewe,mense wat goed doen,word altyd sterker.

10. Julle kan almal weer probeerom die regte dinge te sê,maar ek sal nie wysheid kry by julle nie.”

Job sê niemand kan vir hom help om te hoop nie

11. “My lewe het verbygegaan,ek kan nie meer die dinge doenwat ek graag wou doen nie.

12. My vriende dink my nag is dag,hulle dink die lig is nabywanneer dit vir my donker is.

13. Ek kan sê dat ek in die doderyk wil woon,ek kan daar in die donker ’n plek kry om te lê,

14. ek kan vir die graf sê: ‘Jy is my pa,’ek kan vir die wurms sê: ‘Julle is my ma en my susters,’

15. maar dan kan ek niks meer hoop nie,en niemand kan vir my helpom weer te hoop nie.

16. Alles wat ek gehoop het,gaan dan saammet my in die doderyk in,en ons lê daar saam in die stof.”