hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 42 Bybel vir Almal (ABA)

Job sê hy is jammer oor wat hy gesê het

1. Job het toe vir die Here gesê:

2. “Ek weet dat U alles kan doen,niks wat U besluit, is onmoontlik nie.

3. U het vir my gevra of ek dinkek mag sê dat U verkeerd besluit,ék wat so dom is.Nou sê ek: Ek het gepraat oor dingewat ek nie verstaan het nie,oor wonderlike dinge wat ek nie ken nie.

4. U het gesê ek moet luister,U sal vra, dan moet ek antwoord.

5. Ek het gehoor wat mense oor U sê,maar nou het ek U self gesien.

6. Daarom is ek skaam oor wat ek gesê het,ek is jammer, ek rol rond op die ashoop.”

Die drie vriende moet ’n brand-offer bring

7. Nadat die Here met Job gepraat het, het die Here vir Elifas van die land Teman gesê: “Ek is kwaad vir jou en jou twee vriende. Julle het nie reg gepraat oor My nie, maar my dienaar Job het reg gepraat oor My.

8. Julle moet nou sewe bulle en sewe skaap-ramme neem en julle moet na my dienaar Job toe gaan. Julle moet ’n brand-offer bring vir julleself. My dienaar Job sal dan vir julle bid, want Ek sal doen wat hy vra, Ek sal julle nie straf nie. Julle was dwaas, julle het nie reg gepraat oor My nie, my dienaar Job het reg gepraat oor My.”

9. Elifas van die land Teman en Bildad van die land Suag en Sofar van die land Naäma het toe gegaan en gedoen wat die Here vir hulle gesê het, en die Here het gedoen wat Job gevra het.

Dit gaan weer goed met Job

10. Die Here het dit weer goed laat gaan met Job nadat Job vir sy vriende gebid het. Die Here het vir Job twee maal meer gegee as wat hy voorheen gehad het.

11. Al Job se broers en susters en die mense wat hom voorheen geken het, het na hom toe gekom, en hulle het saam met hom geëet in sy huis. Hulle het vir hom kom sê dat hulle jammer is oor die slegte dinge wat die Here met hom laat gebeur het. Hulle wou hê dat dit weer goed moet gaan met Job, en elkeen het ’n kesita en ’n goue ring vir hom gegee.

12. Die Here het dit toe met Job beter laat gaan as voorheen. Job het 14 000 skape en bokke, 6 000 kamele, 2 000 beeste en 1 000 donkies gekry.

13. Hy het ook weer sewe seuns en drie dogters gekry.

14. Hy het die oudste dogter Jemima genoem, die tweede dogter Kesia en die derde dogter Keren-Happuk.

15. Nie een van die vroue in die land was so mooi soos Job se dogters nie. Hulle pa het vir hulle ook grond gegee, soos vir hulle broers.

Job sterf

16. Job het toe nog 140 jaar gelewe. Hy het sy nageslag gesien tot in die vierde geslag.

17. Job was ’n ou man toe hy gesterf het.