hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 8 Bybel vir Almal (ABA)

Bildad praat met Job

1. Bildad van die land Suag het begin praat. Hy het vir Job gesê:

2. “Hoe lank wil jy aanhouom hierdie dinge te sê?Wanneer jy praat,dan is dit soos ’n sterk wind wat waai.

3. God, die Almagtige, doen netwat reg is.

4. As jou kinders sonde gedoen het teen Hom,dan het Hy hulle gestraf oor hulle sonde.

5. Jy moet vir God, die Almagtige, vraom genadig te wees vir jou.

6. As jy regtig onskuldig en eerlik is,ja, dan sál Hy luister na jouen Hy sal weer vir jou die dinge geewat jy moet kry.

7. Toe jy begin het, het jy min gehad,maar jy sal baie kry.

8. Vra vir mense wat ouer is as jy,vra hoe dit gegaan hetmet hulle voorvaders.

9. Want ons wat gister gebore is,ons weet niks,ons lewe op die aarde gaan gou verby,soos ’n skaduwee.

10. Die ouer mense sal vir jou leer,hulle sal vir jou sê wat hulle weet.

11. Riete groei net waar die grond nat is,hulle groei waar daar water is.

12. As daar nie water is nie,dan word die riete droogvoordat die gras droog word,die riete word droog voordat dit groot is,voordat ’n mens dit kan afsny.

13. So gaan dit met ’n menswat vir God vergeet.’n Mens wat nie vir God wil dien nie,kan niks hoop nie.

14. Hy is soos iemand wat dink dat hyaan ’n dun draadjie kan hang,soos iemand wat dink ’n spinnerakkan sy huis wees.

15. As hy teen so ’n huis wil lê,dan gly die huis weg,as hy daaraan wil vashou,dan is dit nie daar nie.

16. Hy is soos ’n jong plant in die son.Die plant se blare hang oor die tuin,

17. en sy wortels gaantussen hope klippe in,dit groei vas aan die klippe.

18. Maar wanneer iemand die plant uittrek,dan sê die mense: ‘Ons het die plantnooit gesien nie.’

19. Hy het min gehad waaroor hy bly kon wees,en daar groei ander plante uit die grond.

20. Jy moet weet, God sal nie ’n mens loswat heeltemal reg doen nie,en Hy sal nie slegte mense help nie.

21. Hy sal jou weer gelukkig maak,Hy sal jou laat sing omdat jy bly is.

22. Dit sal sleg gaan met die mensewat vir jou haat,die huis van mense wat verkeerd doen,sal nie bly staan nie.”