hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 3 Bybel vir Almal (ABA)

Job vervloek die dag toe hy gebore is

1. Ná die sewe dae het Job begin praat. Hy het die dag vervloek toe hy gebore is.

2. Job het gesê:

3. “Ek wens die dag was nooit daar nie,die dag toe ek gebore is.Ek wens die nag was nooit daar nie,die nag toe iemand gesê hetdaar is ’n seun gebore.

4. Ek wens daardie dag het donker gebly,God daarbo moes nie daardie dag vir my gegee het nie,daar moes nie lig geskyn het op daardie dag nie.

5. Daardie dag moes donker gebly het, baie donker,wolke moes dit toegemaak het,die son moes donker gebly het.

6. Daardie nag moes donker gebly het,dit moes nie een van die dae van die jaar geword het nie,dit moes nie een van die dae in ’n maand geword het nie.

7. Daardie nag moes die laaste nag gewees het,niemand moes toe bly gewees het nie.

8. Die mense wat dae vervloek,die mense wat weet hoe om die Leviatanwakker te maak,hulle moes ook daardie dag vervloek het.

9. Die sterre wat vroeg die oggend begin skyn het,moes donker gebly het.Dit moes nie lig geword het toe die nag gewag hetvir die lig van die vroeë oggend nie.

10. Hoekom?Want die nag het nie gekeerdat ek gebore worden begin het om swaar te kry nie.

11. Hoekom het ek nie gesterf voordat ekgebore is nie?Of hoekom het ek nie dadelik gesterfnadat ek gebore is nie?

12. Hoekom het my ma my op haar knieë gesiten my laat drink?

13. As dit nie gebeur het nie,dan het ek stil in die graf gelê,dan het ek geslaap en gerus

14. saam met die koningsen die slim mense van die aarde,die mense wat vir hulleselfstede gebou het van hope klippe.

15. Dan het ek geslaap en gerussaam met die belangrike mensewat goud en huise vol silwergehad het,

16. of ek sou glad nie daar gewees het nie,soos ’n baba wat doodgebore isen wat iemand weggesteek het,soos ’n kind wat nooit die lig gesien het nie.

17. Daar in die doderykkan die mense wat verkeerd doen,nie meer probleme maak nie,daar rus almal wat moeg is.

18. Daar kan die gevangenes rustigen stil wees,die voormanne raas nie meer met hulle nie.

19. Daar is kinders en grootmense saam,en slawe is daar vry van hulle eienaars.

20. Hoekom het God lig gegee vir iemandwat net swaarkry?Hoekom het Hy iemand laat lewewat altyd ongelukkig is,

21. iemand wat wens dat hy sterf,maar die dood kom nie?Hoekom laat God iemand lewe wat graag wil sterfen wat nie wil soek na kosbare goed nie,

22. iemand wat baie bly sal weeswanneer hy in die graf kan gaan lê?

23. Hoekom laat God iemand lewewat nie weet wat met hom sal gebeur nieomdat God hom afgesny het van alles?

24. Ek kan nie eet nie,ek hou aan om te sug en te kla,

25. want ek was bang vir baie dinge,en dit alles het gebeur met my.

26. Ek kan nie stil en rustig wees nie,ek kan nie rus nie, ek hou aanom bekommerd te wees.”