hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 4 Bybel vir Almal (ABA)

Elifas praat met Job

1. Elifas van die land Teman het begin praat. Hy het gesê:

2. “Job, jy sal miskien nie daarvan houdat ek vir jou iets probeer sê nie.Maar ek kan nie stilbly nie.

3. Luister na my, jy het vir baie mense geleerhoe hulle moet lewe,jy het mense wat moedeloos was,weer sterk gemaak,

4. Party mense wou val, maar jyhet hulle gehelp om regop te bly,jy het hulle sterk gemaak omaan te hou lewe.

5. Maar nou gaan dit sleg met jóú,en nou is jy moedeloos,nou gebeur dit met jou,en nou is jy bang.

6. Jy het altyd vir God gedien,jy was ’n goeie man,jy het heeltemal reg gelewe.Daarom moet jy nou hoopen weet dat dit weer beter sal gaan.

7. Dink ’n bietjie hieroor:Is daar iemand wat onskuldig wasen gesterf het?Is daar ’n eerlike menswat verdwyn het?

8. Ek sien dat dit sleg gaanmet die mense wat slegte dinge doen,ek sien dat die mense wat ander mensewil laat swaarkry, self swaarkry.

9. God word kwaad vir hulle,en hulle sterf,God vee hulle weg van die aarde.

10. Leeus kan brul en raas,maar as ’n leeu sy tande verloor,

11. dan kan hy niks vang nie,dan gaan hy dood van die honger,en sy welpies loop oral rond.

12. “Ek het gehoor dat iemand sag praat,ek kon nie baie goed hoor wat hy sê nie.

13. Dit was toe ek gedroom het,toe almal vas geslaap het.

14. Ek het geskrik en ek hetbang geword,my hele liggaam het gebewe.

15. ’n Wind het oor my gewaai,die hare op my liggaamhet regop gestaan.

16. Daar het iemand gestaan,ek kon nie sien wie hy is nie,maar ek het gehoor dat hy sê:

17. ‘Sal God kan sê dat ’n mens reg lewe?Sal ’n mens onskuldig kan weesvoor die Een wat hom gemaak het?

18. Nee, God weetdat sy dienaars in die hemelnie altyd doen wat hulle moet doen nie,Hy weet dat sy engele ook foute maak.

19. Die mense wat Hy gemaak hetvan klei en van stof,maak nog meer foute,’n mens kan daardie mense plat druksoos motte.

20. Mense sterf elke dag,hulle verdwyn vir altyd,en niemand sien dit nie.

21. Hulle sterf en hulle is wegen hulle het nie wysheid gekry nie.’