hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 26 Bybel vir Almal (ABA)

Job vra of Bildad hom wou help

1. Job het weer gepraat. Hy het vir Bildad gesê:

2. “Het jy probeer om my te helpomdat ek nie krag het nie?Wou jy my help omdat ek te swak isom self iets te doen?

3. Het jy probeer om vir my te sêwat ek moet doenomdat ek nie wysheid het nie?Jy het baie gepraat,soos iemand wat die ware wysheid het.

4. Wie het vir jou gesê wat jy moet sê,by wie het jy dit gehoor?”

Bildad sê niemand kan verstaan wat God alles gedoen het nie

5. “Die geeste bewe daar onder die water,die geeste van die mense wat gesterf het.

6. God sien wie in die doderyk is,niemand kan in die onderwêreldwegkruip vir Hom nie.

7. Niemand kon op die aarde woontoe God die hemeldak styfgetrek het nie.Daar was niks onder die aardetoe God die aarde opgehang het nie.

8. God maak die wolke vol reënwater,en die wolke bars nie van al die water nie.

9. God steek sy troon weg in die hemelagter die wolke.

10. Hy het die horison rondom die see gesit,daar waar die lig ophou en die donker begin.

11. Wanneer God kwaai praat,dan skud en bewe die pilare waaropdie hemeldak staan.

12. God is sterk, Hy het die see oorwin,God het wysheid,Hy het vir Rahab doodgemaak.

13. God laat die wind waai,en die lug word skoon en helder.Sy sterk hand het die slang doodgemaaktoe die slang wou vlug.

14. Hierdie is net ’n paar van die dingewat God gedoen het,Hy het nog baie meer gedoen.Ons weet min van Hom,niemand kan verstaan en weetwat God alles kan doen nie.”