hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 6 Bybel vir Almal (ABA)

Job sê die pyle van die Almagtige is in hom

1. Daarna het Job begin praat. Hy het gesê:

2. “As ek al my swaarkryop ’n weegskaal kan weeg,

3. dan sal dit swaarder wees as die sand by die see.Daarom het ek gepraat voordat ek goed gedink het,

4. want die pyle van die Almagtige is in my,ek drink van die gif van die pyle.God het my baie bang laat word.

5. ’n Wildedonkie balk nie wanneer hygras het om te eet nie,’n bees bulk nie by sy kos nie.

6. ’n Mens eet nie kos sonder sout nie,die wit van ’n eier smaak nie lekker nie.

7. Ek sal dit nie eet nie,dit is kos wat my siek sal maak.”

Job vra hoe hy nog kan aanhou lewe

8. “Ek wens dat God vir mysal gee wat ek vra,ek wens dat Hy sal doenwat ek wil hê.

9. God moet besluit om mystukkend te trap,Hy moet sy hand uitsteeken my doodmaak.

10. Dan sal ek tevrede wees,my pyn sal aanhou,maar ek sal nog altyd bly wees,want ek het nie stilgeblyoor wat die heilige God gesê het nie.

11. Waar sal ek die krag kryom aan te hou lewe?Hoe kan ek aanhou lewe totdatmy tyd daar is om te sterf?

12. Ek is nie so hard soos klip nie,my liggaam is nie gemaak vankoper nie.

13. Nee, ek het niks krag nie,ek kan myself nie help nie.”

Job sê sy vriende is ontrou

14. “As dit vir iemand te swaar isom vir sy vriende te doenwat hy moet doen,dan respekteer hy nie meerdie Almagtige nie.

15. My vriende is ontrou,hulle is soos ’n watersloot.

16. Wanneer die ys en die sneeu smelt,dan vloei die waterstrome,

17. maar wanneer dit warm word,dan vloei die water nie meer nieen die sloot word droog.

18. Mense wat verbykom op die pad,gaan na die sloot, maar hulle kryniks water nie,hulle sterf van die dors.

19. Handelaars uit die lande Tema en Skebahoop dat hulle daar water sal kry,

20. maar hulle bly dors,hulle het water kom soek,maar hulle het niks gekry nie.

21. Ek kry by julle ook niks.Toe julle sien hoe sleg ditmet my gaan,het julle bang geword.

22. Is dit omdat ek vir julle gevra hetom iets vir my te gee?Het ek vir julle gevra om omkoopgeldte betaal om my vry te maak?

23. Het ek gevra dat julle moet helpom my vry te laat wegkom van ’n vyand?Het ek gevra dat julle my moet loskoopvan wrede mense?”

Job sê hy het nog altyd reg gedoen

24. “Julle moet vir my sê wat ek moet doen,dan sal ek stilbly.Ek wil weet wat ek verkeerdgedoen het,julle moet dit vir my sê.

25. As julle eerlik praat,dan sal ek nie seerkry nie,maar die dinge wat julle vir my sê,beteken niks.

26. Dink julle dat die dinge wat ek sê,verkeerd is?Wil julle nie hoor wat ’n moedelose menssê nie?

27. Julle sal lootjies trek oor ’n weeskind,julle sal julle vriend verkoop.

28. Maar kyk nou in my oë,ek sal nie vir julle lieg nie.

29. Julle moet asseblief ophouom my te beskuldig,julle moet ophou,ek het nog altyd reg gedoen.

30. Het ek verkeerde dinge gesê?Dink julle ek het nog nieswaargekry nie?”